Die maraboe (Leptoptilos crumeniferus) is 'n groot waadvoël in die familie van ooievaars (Ciconiidae). Hulle broei in Afrika suid van die Sahara, in nat en droë habitatte, dikwels naby menslike bewoning, veral ashope. Hulle word soms "begrafnisondernemer-voëls" genoem as gevolg van hul vorm van agter: swart mantelagtige vlerke, wit bene en soms met 'n klossie wit hare op die kop.

duimnael|links|'n Maraboe duimnael|links|Maraboes duimnael|links|'n Maraboe in vlug

Identifikasie 'n Groot swart-wit ooievaar met veerlose kop en nek, afgetrek tussen sy skouers; hy het 'n pienk keelsak.

Habitat Die veld en die bosveld in die noorde van Suid-Afrika; besoek die Krugerwildtuin af en toe.

Verspreiding Die noordelike deel van Suid-Afrika.

Leefwyse Dit is 'n aasvreter; daarom het hy 'n bles kop en nek.

Ander name Engels: Marabou Stork Wetenskaplike naam: Leptoptilos crumeniferus

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bronnelys Nel, Flip: Die Maraboes van Shingwedzi. In: Custos. Tydskrif oor ons Natuur en Nasionale Parke. Deel 15, nr. 7, Oktober 1986. ISSN 0379-9921 Newman se Voëls van Suider-Afrika.

Kategorie:Ooievaars Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin