OnseepkansRaper, Peter: Dictionary of SA Place Names, p.350. 1987. is 'n nedersetting aan die Oranjerivier in die Noord-Kaap, 57 km noord van Pofadder en 107 km suidoos van Karasburg, Namibië.
Geskiedenis Die dorpie is in 1916 as besproeiingsnedersetting gestig en is sedert 1936 deur 'n dorpsbestuursraad beheer. Die naam is afgelei van die Khoekhoen woord wat draai in die rivier waar die lemoendoringbome groei beteken, 'n verwysing na Parkinsonia africana. Die bevolking was net meer as 2 000 in 2011.
Grenspos Onseepkans is ook 'n grenspos (oop 08:00–16:30); die grenspos aan Namibië se kant staan bekend as Velloorsdrif. Die brug oor die Oranjerivier is in 1962 geopen. Die R358-streeksroete verbind dié dorp met die N14-nasionale pad.
Sien ook Grensposte van Suid-Afrika Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Green, Douglas G.: To the river's end. Kaapstad: Howard B. Timmins, s.j.
Verwysings
Kategorie:Grense van Namibië Kategorie:Grense van Suid-Afrika Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap