Nkhensani Kate Bilankulu (gebore 14 Februarie 1966) is 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die African National Congress.

Me. Bilankulu was heel bo-aan geplaas op die ANC se streekslys vir Limpopo vir die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2019 op 8 Mei. Tydens die verkiesing het sy 'n setel in die Nasionale Vergadering verower. Bilankulu is op 22 Mei as parlementslid beëdig.

Op 29 Junie 2019 is Balinkulu benoem op die portefeuljekomitee vir maatskaplike ontwikkeling. Op 12 Julie 2019 word Bilankulu verkies tot voorsitter van die Komitee vir Meervoudige Party-vrouekoukus.

Sy dien ook tans as ondervoorsitster van die ANC-vroueliga.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1966 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Lede van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika Kategorie:Politici van die African National Congress