Nassim Nicholas Taleb (Amioun, 1960; Arabies: نسيمنيقولانجيبطالب; alternatiewe spellings van voornaam: Nessim of Nissim) is 'n Libanees-Amerikaanse outeur, geleerde, statistikus, voormalige derivaat-handelaar en risiko-ontleder. Taleb is 'n skrywer en is professor aan verskeie universiteite en sedert September 2008 as besonderse professor in risiko-ingenieurswese aan die New York-universiteit se Tandonskool vir Ingenieurswese. Hy was mede-redakteur van die akademiese tydskrif Risk and Decision Analysis sedert September 2014. Sy 2007 boek The Black Swan is in 'n resensie deur The Sunday Times beskryf as een van die twaalf mees invloedryke boeke sedert die Tweede Wêreldoorlog.

Vakgebied Sy werk fokus op probleme van willekeurigheid, waarskynlikheid en onsekerheid. Hy is ook 'n praktisyn van wiskundige finansies, 'n verskansingsfondsbestuurder, en 'n derivaathandelaar, en is tans wetenskaplike adviseur by Universa Investments.

Hy het kritiek gelewer op die risikobestuursmetodes wat deur die finansiesbedryf toegepas is. Hy het ook gewaarsku oor opvolgende finansiële krisisse wat voordeel trek uit die finansiële krisis van die laat 2000's. Hy bepleit 'n sogenaamde "swartswaan-robuuste" samelewing, wat naamlik 'n samelewing is wat onverwagse, onvoorspelbare gebeure kan weerstaan. Hy stel antifragiliteit in stelsels voor, wat naamlik 'n vermoë is om voordeel te trek uit 'n bepaalde klas willekeurige gebeurtenisse, foute en onbestendigheid sowel as 'konvekse aanpassings' as 'n metode van wetenskaplike ontdekking, waardeur gedesentraliseerde eksperimentering beter as direkte navorsing sal presteer.

Lewensloop Taleb het in Amioun grootgeword in die Libanese Levant as seun in 'n politieke prominente familie met Grieks-Ortodokse agtergrond. Gedurende die Libanese Burgeroorlog in 1975 verloor die familie hulle rykdom. Taleb het sy opleiding voortgesit in Parys en in die Verenigde State waar hy 'n MBA by die Wharton School van die Universiteit van Pennsylvanië behaal. Sy loopbaan het onder andere posisies by die handelsafdelings van UBS, Credit Suisse, BNP Paribas en Banque Indosuez ingesluit. Hy was betrokke by derivatehandel op die gebied van sowel rentedraende bates as aandele. Ten slotte was hy ’n onafhanklike makelaar by die opsiebeurs van Chicago.

Werke (2001/2005) Fooled by Randomness: The Hidden Role of Chance in Life and in the Markets, Random House, New York. . (2007) The Black Swan: The Impact of the Highly Improbable, Random House, New York. . (2012) Antifragile: Things That Gain from Disorder, Random House, New York. . (2018) Skin in the Game, Random House, New York. .

Bron Hierdie artikel is uit die Nederlandse en Engelse Wikipedias vertaal

Verwysings

Kategorie:Libanese skrywers Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1960 Kategorie:Lewende mense