Carl Gustav Hempel (Oranienburg, 8 Januarie 1905 – Princeton (New Jersey), 9 November 1997) was 'n wetenskaplike filosoof en aanvanklik 'n verteenwoordiger van die logiese positivisme.
Biografie Hempel begin sy studie in 1923 aan die Universiteit van Göttingen in die vakke wiskunde en filosofie. Hier ontmoet hy David Hilbert en het onder die indruk gekom van sy idees om die konsekwentheid (Widerspruchsfreiheit) van die wiskunde met behulp van elementêre metodes te bewys.
Na 'n kort verblyf in Heidelberg gaan hy terug na Berlyn, waar hy ook sy skooltyd deurbring het. Hy sit sy studie voort in die wiskunde en filosofie, en verdiep hom ook in fisika. In 1929 het hy deelgeneem aan die eerste kongres vir wetenskap filosofie, wat deur die Berlynse positiviste georganiseer was. Hier ontmoet hy Rudolf Carnap, met wie hy beindruk was, dat hy na Wene verhuis, waar hy in die Weense Sirkel (Wiener Kreis) opgeneem is. In 1934 het hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Berlyn behaal met 'n proefskrif oor waarskynlikheidsteorie. Met hulp van Paul Oppenheim emigreer hy in dieselfde jaar na België.
In 1937 het Hempel 'n uitnodiging van die Universiteit van Chicago ontvang om as wetenskaplike medewerker te kom werk. Twee jaar later in 1939 het hy hierdie uitnodiging aangeneem, en emigreer na die Verenigde State. Hier het Hempel gedoseer aan die New York City College en van 1940 tot 1948 aan Queens College. Daarna was hy ook verbind aan die Universiteit van Yale (1948 tot 1955) en die Universiteit van Princeton waar hy bly tot in 1964. As emeritus het hy van 1964 tot 1966 aan die Hebreeuse Universiteit van Jerusalem gewerk en tot 1985 in Pittsburgh gedoseer.
Werk Hempel werk jare saam met Paul Oppenheim. In 1936 publiseer hulle saam die boek Der Typusbegriff im Lichte der neuen Logik (Die typebegrip in die lig van die nuwe logika). In die jare veertig hou Hempel besig met die bevestigings- en verklaringsteorie.
Saam met Oppenheim ontwikkel Hempel rondom 1948 die sogenaamde Hempel-Oppenheim-Skema of Deduktief-nomologiese model (DN-model). Hierdie model bied 'n verklaringsteorieë (Theorie van Erklärens).
In sy latere jare het Hempel wegbeweeg van die logiese empirisme. Hy rig hom meer op die wetenskaplike filosofiese naturalisme van Thomas Kuhn.
Publikasies 1936. Über den Gehalt von Wahrscheinlichkeitsaussagen 1936. Der Typusbegriff im Licht der neuen Logik mit Paul Oppenheim 1942. The Function of General Laws in History 1943. Studies in the Logic of Confirmation 1959. The Logic of Functional Analysis 1965. Aspects of Scientific Explanation 1966. Philosophy of Natural Science, 1974. Philosophie der Naturwissenschaften, München 1974,
Essayversameling Aspects of Scientific Explanation and Other Essays, 1965, Selected Philosophical Essays, 2000, The Philosophy of Carl G. Hempel: Studies in Science, Explanation, and Rationality, 2001,
Nota Vertaal uit die Nederlandse Wikipedia
Kategorie:Duitse filosowe Kategorie:Amerikaanse filosowe Kategorie:Geboortes in 1905 Kategorie:Sterftes in 1997