Die Hertog van Sussex is ’n Britse adellike titel. Dit kry sy naam van die graafskap Sussex in Engeland.

Die titel is op 24 November 1801 die eerste keer toegeken, aan prins Augustus Frederick,London Gazette, 24 November 1801, uitg. 15429, p. 1403 die sesde oudste seun van koning George III. Hy het terselfdertyd die titels baron Arklow en die Graaf van Inverness gekry. Die titel was ongebruik sedert die dood van prins Augustus Frederick in 1843. Hy het wel seuns gehad, maar sy huwelik met hul ma, lady Augusta Murray, is nietig verklaar omdat dit nie aan die Royal Marriages Act van 1772 voldoen het nie. Die seuns was dus buite-egtelik en het nie ’n aanspraak op die titel gehad nie.

Die volgende persoon aan wie die titel toegeken is, is prins Harry, op die oggend van sy troue met Meghan Markle op 19 Mei 2018. Prins Harry het terselfdertyd die titels Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.

Geskiedenis ’n Titel wat met Sussex verbind word, het die eerste keer ontstaan met die Koninkryk Sussex, ’n Angel-Saksiese koninkryk wat omstreeks 827 deur die Koninkryk Wessex geannekseer is. Dit het later deel van die Koninkryk Engeland geword.

Die titel Hertog van Sussex is op 24 November 1801 die eerste toegeken, aan prins Augustus Frederick, die sesde ouste seun van koning George III. Hy het in 1793 getrou met lady Augusta Murray en op 2 Mei 1831 met lady Cecilia Gore. Albei huwelike was ’n oortreding van die Royal Marriages Act van 1772 en sy kinders is dus as buite-egtelik beskou. Lady Cecilia kon nie in die hof onthaal word nie omdat sy nie die prins se wettige vrou was nie. Sy het later die titel Hertogin van Inverness uit eie reg by koningin Victoria gekry.London Gazette, uitg. 19842, p. 31 Maart 1840 Omdat prins Augustus Frederick nie wettige seuns gehad het nie, het die titel ná sy dood in onbruik geraak.

In 1999, net voor die troue van prins Edward, die jongste seun van Elizabeth II, is vermoed hy sou die titel kry. Hy het egter die Graaf van Wessex geword. Hy het op 10 Maart 2023 die Hertog van Edinburg geword, 'n titel wat voorheen aan sy pa, prins Philip, behoort het. Daar was weer ’n vermoede dat prins William die titel sou kry toe hy in April 2011 met Kate Middleton trou, maar hy het die Hertog van Cambridge geword.

Prins Harry het eindelik die titel gekry toe hy op 19 Mei 2018 met Meghan Markle trou. Hy het terselfdertyd die titels Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.

Hertoë van Sussex Eerste skepping, 1801

| Prins Augustus FrederickHuis van Hannover1801-1843 ook: Graaf van Inverness en baron Arklow (1801) | 100px|Prins Augustus Frederick | 27 Januarie 1773Buckingham House, Londenseun van koning George III en koningin Charlotte | 4 April 1793 Lady Augusta Murray2 kinders2 Mei 1831Lady Cecilia UnderwoodGeen kinders | 21 April 1843Kensington-paleis, Londen |- |colspan=5|Prins Augustus se huwelik met lady Augusta Murray, by wie hy twee seuns gehad het, is nietig verklaar ingevolge die Royal Marriages Act van 1772 en die titel was dus ongebruik ná sy dood.

Tweede skepping, 2018

| Prins HarryHuis van Windsor2018-tansook: Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel (2018)Royal.UK — Prince Harry and Meghan Markle: Announcement of Titles (Besoek op 19 Mei 2018) | 100px|Prins Henry | 15 September 1984Londenseun van Charles, Prins van Wallis en Diana, Prinses van Wallis | 19 Mei 2018Meghan Markle

Verwysings

Kategorie:Britse adel