Die R61 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Beaufort-Wes met Port Shepstone verbind via Graaff-Reinet, Komani (voorheen Queenstown ), Mthatha en Port Edward.

Die R61 is medebeskryf met die N9-nasionale pad vir 103 kilometer van Aberdeen deur Graaff-Reinet na Bethesdaweg, en met die N6-nasionale pad vir 18 kilometer suid van Komani.

Toekomsplanne Vanaf 2018 is daar planne gesmee om dele van die ooste gedeelte van die R61, vanaf die kruising met die N2-nasionale pad in Port Shepstone tot en met die N2-aansluiting in Mthatha, aan die N2 Nasionale Roete oor te dra. Daar word beplan om dit in 2024 te voltooi en daar sal twee tolhekke op die roete wees.

Alhoewel dit die grootste deel van die R61-roete in die voormalige Transkei sal oorneem, sal hierdie nuwe Wildekus-hoofweg die N2 op sommige plekke verlê. Die Wildekus-hoofweg sal 'n korter en meer direkte roete vanaf Lusikisiki na Port Edward bied, terwyl die huidige R61 deur Flagstaff en Bizana op die roete tussen die twee dorpe behoue sal bly.

Sien ook Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Routes Travel Info Departement Vervoer

Kategorie:Provinsiale roetes in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap Kategorie:KwaZulu-Natal