duimnael|300px|Die R56 tussen Steynsburg en Molteno in die Oos-Kaap Die R56 is ’n provinsiale roete in Suid-Afrika wat Middelburg met Pietermaritzburg verbind via Molteno, Maclear en Kokstad. Dit is medebeskryf met die N2 tussen Kokstad en Stafford’s Post vir 39 kilometer.
Die R56 is bekend as die kortste roete tussen Kaapstad in die Wes-Kaap en Durban in KwaZulu-Natal. Daar is 12 belangrike dorpe op die R56. Middelburg-Karoo, Steynsburg, Molteno, Dordrecht, Khowa, Ugie, Maclear, Matatiele, Kokstad, Ixopo, Richmond en Pietermaritzburg.
Sien ook Lys van provinsiale roetes in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Provinsiale roetes in Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap