Estian Calitz (23 Mei 1949 - ) is 'n Suid-Afrikaanse ekonoom en emeritus professor van die Universiteit Stellenbosch (US). Hy is die hoof- uitvoerende beampte (HUB) van finansies en die HUB van die Universiteit se Besigheidskool."Estian Calitz" by Bloomberg
Hy verwerf sy Ph.D in handel van die US in 1986. In 1989 is hy aangestel as adjunkdirekteur-generaal van die Suid-Afrikaanse Departement van Finansies. In 1996 verlaat hy die staadsdiens en word aangestel as professor in ekonomie by die Universiteit van Suid-Afrika (UNISA). In 2001 is hy deur die US as dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangestel.
Bibliografie Handboeke 1999: Public Economics for South African Students
Artikels 2010: "Fiscal policy in the 1990s", South African Journal of Economic History
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1949