Enalapril, onder andere verkoop onder die naam Vasotec, is 'n medikasie vir die behandeling van hoë bloeddruk, diabetiese niersiekte en hartversaking. Vir hartversaking word dit oor die algemeen met 'n diuretikum soos furosemied gekombineeer. Dit word per mond of inspuiting in 'n aar toegedien. Effekte neem gewoonlik 'n aanvang binne 'n uur na per mond geneem en duur tot 'n dag lank voort.
Algemene newe-effekte sluit hoofpyn, moegheid, lighoofdigheid wanneer opstaan en hoes in. Ernstige newe-effekte sluit angioedema en lae bloeddruk in. Daar word vermoed dat gebruik tydens swangerskap tot skade aan die baba mag lei. Dit is in die angiotensien-omskakeling-ensiem-inhibeerder (ACEi) familie van medikasie.
Enalapril is in 1978 gepatenteer en word medies gebruik sedert 1984. Dit is op die WGO se Lys van Noodsaaklike Medisyne, die mees doeltreffende en veilige medisyne wat nodig is in 'n gesondheidsorgstelsel. Die groothandelprys in die ontwikkelende wêreld is 0.08 tot 0.80 dollar per maand. In die Verenigde State kos dit sowat 25 tot 50 USD per maand.
Mediese gebruik regs|duimnael|240x240px|Enalapril 3D-struktuur Enalapril word gebruik vir die behandeling van hoë bloeddruk, simptomatiese hartversaking en asimptomatiese linkerventrikulêre disfunksie.U.S. National Library of Medicine. Last Revised October 1, 2010 MedlinePlus: Enalapril Daar is bewys dat dit nierfunksie beskerm in hoë bloeddruk, hartversaking, en diabetes, en kan gebruik word in die afwesigheid van hipertensie vir sy nierbeskermende effekte. Dit word wyd gebruik vir chroniese nierversaking.He YM et al. Enalapril versus losartan for adults with chronic kidney disease: a systematic review and meta-analysis. Nephrology (Carlton). 2013 Sep;18(9):605-14. doi: 10.1111/nep.12134.
Swangerskap en borsvoeding Enalapril is teenaangedui tydens swangerskap. Sommige bewyse dui daarop dat dit mag lei tot skade aan en dood van 'n ontwikkelende fetus. Pasiënte word aangeraai om nie swanger te raak terwyl hulle enalapril neem nie, en hul dokters onmiddellik in kennis te stel as hulle swanger raak. In swangerskap, kan enalapril lei tot skade aan die fetus se niere en gevolglike oligohidramnios (nie genoeg vrugwater nie). Enalapril word in borsmelk afgeskei en word nie aanbeveel vir gebruik terwyl borsvoed nie.FDA Label: Enalapril Maleate Tablet Last updated April 2011
Newe-effekte Die mees algemene newe-effekte van enalapril sluit verhoogde serumkreatinien (20%), duiseligheid (2-8%), lae bloeddruk (1-7%), sinkopee (2%), en 'n droë hoes (1-2%) in. Die mees ernstige algemene negatiewe gebeurtenis is angioedeem (swelling) (0.68%) wat dikwels 'n invloed het op die gesig en lippe, en hou 'n gevaar in vir die pasiënt se lugweg. Angioedeem kan voorkom op enige punt tydens behandeling met enalapril maar is die mees algemene na die eerste paar dosisse. Angioedeem en sterfte daaruit is na bewering hoër onder swart mense.
Meganisme van aksie Angiotensien I word gewoonlik omgeskakel na angiotensien II deur 'n angiotensien-omskakelingsensiem (ACE). Angiotensien II vernou bloedvate, wat lei tot 'n verhoging in bloeddruk. Enalaprilat, die aktiewe metaboliet van enalapril, inhibeer ACE. Inhibisie van ACE verminder vlakke van angiotensien II wat lei tot verminderde vasokonstriksie en verlaagde bloeddruk.
Farmakokinetika Aanvang van die aksie: sowat 1 uur Piek effek: 4-6 ure Duur: 12-24 uur Absorpsie: ~60% Metabolisme: progeneesmiddel, ondergaan biotransformasie na enalaprilatMenard J and Patchett A. Angiotensin-Converting Enzyme Inhibitors. Pp 14-76 in Drug Discovery and Design. Volume 56 of Advances in Protein Chemistry. Eds Richards FM, Eisenberg DS, and Kim PS. Series Ed. Scolnick EM. Academic Press, 2001. . Pg 30
Verwysings
Kategorie:Wêreldgesondheidsorganisasie se essensiële medisynelys