Die Doringrivierdam (Doornrivierdam) verskaf water vir huishoudelike gebruik, sowel as vir die nywerhede en spoorweë, by Indwe.
Die rivier ontspring in die Drakensberge en die dam lê aan die suidwestekant van die dorp by die koördinate 31° 30' 47" suid en 27° 20' 3" oos. Dit is in 1971 voltooi, het ‘n wallengte van 513 m, ‘n opvanggebied van minder as 300 km², ‘n maksimum volume van net oor die 19 miljoen m³ en beslaan dan ‘n area van ±3½ km². Die grondwal was aanvanklik 35 m hoog bo die rivierbedding, maar deur die baie slik in die water is die dam tans baie vlakker.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bibliografie Standard Encyclopaedia of Southern Africa, deel 4. Kaapstad: Nasou, 1971.
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Oos-Kaap