Anthony Doerr (gebore 27 Oktober 1973) is 'n Amerikaanse skrywer van romans en kortverhale. Hy het wydverspreide erkenning gekry vir sy 2014-roman All the Light We Cannot See, wat die Pulitzer-Prys vir Fiksie gewen het.

Vroeë lewe en opvoeding Doer het in Cleveland, Ohio groot geword.Anthony Doerr Wins Lucrative Short-story Prize Hy het die nabygeleë University School bygewoon, waar hy in 1991 gegradueer het. Hy het toe geskiedenis as hoofvak geneem aan Bowdoin Kollege in Brunswick, Maine, waar hy in 1995 gegradueer het, en daarna 'n Meestersgraad van Beeldende Kunste van Bowling Green State-universiteit ontvang het.

Loopbaan Doerr se eerste gepubliseerde boek is 'n versameling van kort stories genoem The Shell Collector (2002). Baie van die stories vind plaas in Afrika en Nieu-Seeland, waar hy gewoon en gewerk het. Hy het nog 'n boek van kort stories geskryf, wat Memory Wall (2010) genoem is. Sy eerste roman, About Grace, was in 2004 vrygestel. Doerr het toe sy memoires, Four Seasons in Rome, geskryf wat in 2007 gepubliseer is.

Doerr se tweede roman, All the Light We Cannot See, geset in die besette Frankryk gedurende die Tweede Wêreldoorlog, was gepubliseer in 2014. Dit het aansienlike kritieke lof ontvang en was 'n finalis vir die National Book Award vir Fiksie. Die boek is 'n New York Times beste verkoper en is deur die koerant as 'n noemenswaardige boek uit 2014 aangewys. Dit het die Pulitzer-Prys vir Fiksie in 2015 gewen. Dit was ook die naaswenner vir die 2015 Dayton Literêre Vrede-Prys vir Fiksie en het die 2015 Ohioana Biblioteek Vereniging Boek-Toekenning vir Fiksie gewen.

Doerr skryf ook 'n rubriek oor wetenskap boeke vir die Boston Globe en is 'n bydraer tot The Morning News, 'n aanlyn-tydskrif.

Van 2007 tot 2010, was hy die writer-in-residence vir die staat van Idaho.

Persoonlike lewe Doerr is getroud, het tweeling seuns, en woon in Boise, Idaho.

Bibliografie

Romans About Grace (2004) All the Light We Cannot See (2014) Cloud Cuckoo Land (2021)

Kort storie versamelings The Shell Collector (2002) Memory Wall (2010)

Memoires Four Seasons in Rome: On Twins, Insomnia and the Biggest Funeral in the History of the World (2007)

Toekennings Barnes & Noble Discover Prize, vir The Shell Collector Rome Prize van die American Academy of Arts and Letters en die American Academy in Rome 2003: New York Public Library se Young Lions Fiction Award, wenner, The Shell Collector 2005, 2011: Ohioana Book Award vir About Grace en Memory Wall, onderskeidelik 2010: Guggenheim Fellowship 2011: The Story Prize, wenner, Memory Wall 2011: Sunday Times EFG Private Bank Short Story Award, wenner, 'The Deep' 2014: Finalis vir die National Book Award for Fiction 2015: Pulitzerprys vir All the Light We Cannot See

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf Video: Die Storie Prys lees met Yiyun Li en Suzanne Rivecca. 2 maart 2011. Beste Verkoop Boeke deur Anthony Doerr van die Plaaslike Biblioteek

Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Amerikaanse skrywers Kategorie:Lewende mense