AlgaeBase is ’n databasis met inligting oor alle spesies alge.

Dit bevat inligting oor alge van oor die wêreld, in vars- sowel as seewater. Teen 2005 het die databasis reeds 65 000 name bevat, en teen September 2006 altesaam 122 240 spesies en infraspesifieke name, asook 5 826 foto's, 38 290 bibliografiese items en 138 706 verspreidingsrekords. Die data vir die see-alge is nou feitlik volledig. Sowat 30 000 spesies is ingesluit

Verwysings

Kategorie:Databasisbestuurstelsels Kategorie:Alge