Anton "Toni" Brunner (gebore 23 Augustus 1974 in St. Gallen, Switserland) is 'n Switserse boer, nasionale voorsitter van die Switserse Volksparty (SVP), en 'n lid van die Switserse Nasionale Raad.
Biografie Brunner is op 23 Augustus 1974 in Wattwil in die kanton St. Gallen in Switserland gebore. In 1995 word hy op die ouderdom van 21 as die jongste lid ooit tot die federale parlement verkies. In hierdie tyd was hy boer, bestuurder van 'n internetradiostasie wat op boere gemik is, en voorsitter van die St. Gallen-afdeling van die Switserse Volksparty.
Op 1 Maart 2008 volg Brunner Ueli Maurer op as voorsitter van die nasionale afdeling van die Switserse Volksparty.
In Januarie 2016, kort na 'n rekordvertoning van die SVP in die 2015 Switserse federale verkiesing, kondig Brunner sy uittrede aan as president van die SVP in April van daardie jaar. Hy is op 23 April deur Albert Rösti opgevolg.
Brunner is 'n lid van die Veldtog vir 'n Onafhanklike en Neutrale Switserland.ASIN Bulletin, Élections fédérales 2015: 43 membres de l'ASIN à Berne, n°178, Desember 2015, bl. 3
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Switserse politici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Geboortes in 1974