Die Miertjieskraaldam is ‘n besproeiingsdam vir die westelike deel van Kannaland in die Klein-Karoo.

Hierdie dam is in 1977 voltooi en lê noord van die Langeberge, wes van die R323-pad tussen Ladismith en Riversdal, noord van die Garciapas en by die koördinate 33°49'50” suid en 21°7'50” oos.

Die dam lê in die Brandrivier, ‘n sytak van die Touwsrivier. Die damwal het ‘n hoogte van 19 m bo die rivierbedding en die volume van die dam is 1 560 000 m³.

‘n Gedenknaald ter ere van kommandant Gideon Scheepers is op 10 Oktober 2006 by die afdraaipad na die dam onthul.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Bron Inligtingsbord by die dam

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap