Die raaf (Corvus corax) is ’n groot, swart sangvoël. Hulle word in die Noordelike Halfrond aangetref en is die lede van die familie Corvidae wat die wydste verspreid is. Daar is minstens agt subspesies wat nie veel in voorkoms verskil nie, maar daar is aansienlike genetiese verskille tussen die bevolkings van verskillende streke. Dit is een van die grootste Corvidae-spesies en moontlik die swaarste sangvoël; ’n volwasse raaf is sowat 63 cm lank en weeg omtrent 1,2 kg.

Hulle kan 21 jaar lank in die natuur oorleef. Jong voëls kan in swerms voorkom, maar hulle vorm daarna pare vir die res van hul lewe.

Rawe bestaan al duisende jare lank saam met die mens en is in sommige gebiede so talryk dat hulle as ’n plaag beskou word. Deel van hul sukses as ’n spesie is vanweë hul omnivore dieet. Hulle is ook baie goed daarin om kos te vind, veral aas, insekte, graan, bessies, vrugte, klein diertjies en afvalkos.

Rawe is buitengewoon intelligent.http://www.abc.es/ciencia/abci-cuervos-pueden-inteligentes-como-nino-tres-anos-201604262232_noticia.html Hulle was deur die eeue die onderwerp van mitologie, folklore, kuns en letterkunde. In baie kulture, soos die inheemse kulture van Skandinawië, Ierland, Wallis, Bhoetan, Noord-Amerika en Siberië, is die raaf beskou as ’n spirituele figuur of godheid.

Evolusie Die raaf het in die Ou Wêreld ontstaan en oor die Beringlandbrug na Noord-Amerika migreer.Marzluff and Angell, p. 86 Onlangse genetiese studies, waarin die DNS van rawe oor die wêreld heen ondersoek is, het daarop gedui rawe val in minstens twee klades: ’n Kaliforniese klade, wat in die suidweste van die VSA aangetref word, en ’n Holarktiese klade, wat in die res van die Noordelike Halfrond voorkom. Die voëls van die twee klades lyk eenders, maar is geneties verskillend; hulle het sowat 2 miljoen jaar gelede van mekaar begin skei.

Daar is in toetse met mitochondriale DNS bevind die rawe van die res van Amerika is nader verwant aan dié van Eurasië as aan dié in die Kaliforniese klade, en dat die rawe van die Kaliforniese klade nader verwant is aan die woestynraaf (C. cryptoleucus) as aan dié van die Holarktiese klade. Rawe in die Holarktiese klade is nader verwant aan die witborskraai (C. albus) as aan die Kaliforniese klade.

’n Verduideliking vir hierdie genetiese bevindings is dat rawe hulle minstens 2 miljoen jaar gelede in Kalifornië gevestig het en tydens ’n ystydperk geskei geraak het van hul verwante in Eurasië. ’n Miljoen jaar gelede het ’n groep van die Kaliforniese klade in ’n nuwe spesie, die woestynraaf, begin ontwikkel. Ander lede van die Holarktiese klade het later in ’n aparte migrasie uit Asië gearriveer, miskien saam met die mens.Marzluff and Angell, pp. 86–87

’n Onlangse studie met mitochondriale DNS het getoon die geïsoleerde bevolking van die Kanariese Eilande verskil van ander bevolkings. Die studie het nie voëls van Noord-Afrika ingesluit nie en hul posisie is dus nie duidelik nie, maar hul morfologie stem baie ooreen met die rawe van die Kanariese Eilande (in so ’n mate dat die twee dikwels as een enkele subspesie beskou word).Clements, J. F. (2007). The Clements Checklist of the Birds of the World. 6de uitg. Christopher Helm.

Klassifikasie Die naaste verwant aan die raaf is die bruinnekraaf (C. ruficollis), witborskraai (C. albus) van Afrika en woestynraaf (C. cryptoleucus) van die suidweste van Noord-Amerika.Goodwin, pp. 70–72 Sommige owerhede erken tot 11 subspesies,Marzluff, J. M. (2009). "Common Raven (Corvus corax)". pp. 638–639 in Handbook of the Birds of the World. Bush-shrikes to Old World Sparrows. del Hoyo, J., Elliott, A. en Christie, D. A. (reds.). Lynx Edicions, Barcelona. maar ander erken net agt:Clements, J. F. (2007). The Clements Checklist of the Birds of the World. 6de uitg. Christopher Helm. SubspesieFotoVerspreidingNotas 140 px Van Europa ooswaarts tot die Baikalmeer, suid tot die Kaukasus en Noord-Iran Dit het ’n relatief kort, geboë snawel. Die bevolkings van Suidwes-Europa het ’n selfs geboër snawel en korter vlerke as gemiddeld, en daarom erken sommige owerhede dit as ’n aparte subspesie, C. c. hispanus. 140 px Ysland en die Faroëreilande Dit is minder blink as C. c. principalis of corax, is van gemiddelde grootte en die basis van sy nekvere is witterig (nie op ’n afstand sigbaar nie). 140 px Van Griekeland ooswaarts tot by Noordwes-Indië, Sentraal-Asië en Wes-China, maar nie in die Himalaja nie Dit is groter as gemiddeld, maar het relatief kort nekvere. Dit is hoofsaaklik swart, hoewel sy nek en bors nes die bruinnekraaf s’n ’n bruinerige tint het. Die basis van sy nekvere is dikwels amper witterig, hoewel die kleur kan wissel. 140 px Noord-Afrika en die Kanariese Eilande Dit is die kleinste subspesie, met die kortste nekvere en ’n olierige veerglans. Sy snawel is kort, maar stewig en geboë. Dié van die Kanariese Eilande is bruiner as dié van Noord-Afrika en daarom beskou sommige wetenskaplikes hulle as aparte subspesies, onderskeidelik C. c. canariensis en C. c. tingitanus. 140 px Himalaja Dit is die grootste en blinkste subspesie, met die langste nekvere. Sy snawel is groot, maar minder indrukwekkend as dié van C. c. principalis, en die basis van sy nekvere is grys. 140 px Noordoos-Asië Dit is van gemiddelde grootte, tussen C. c. principalis en C. c. corax, en het ’n dikker en groter snawel as gemiddeld. 140 px Noordelike Noord-Amerika en Groenland Dit het ’n groot lyf en die grootste snawel. Sy vere blink baie en sy nekvare is goed ontwikkel. 140 px Suidelike Sentraal-VSA en Sentraal-Amerika. Dit is kleiner, met ’n kleiner en smaller snawel as C. c. principalis. Bevolkings in die verre suidwestelike VSA en Noordwes-Mexiko is die kleinstes in Noord-Amerika. Hulle word soms ingesluit in C. c. sinuatus, terwyl ander owerhede hulle beskou as ’n aparte subspesie, C. c. clarionensis.

Beskrywing duimnael|links|In die sonlig kan die vere ’n blou of pers skynsel hê, na gelang van hoe die lig se daarop skyn. ’n Volwasse raaf is tussen 54 en 67 cm lank, met ’n vlerkspan van 115 tot 130 cm.Common Raven. Nature.ca. Besoek op 2012-12-19.Raven. Garden-birds.co.uk (2010-07-01). Afgelaai on 2012-12-19.Common Raven . Geobirds.com. Besoek op 2012-12-19. Die gewig wissel van 0,69 tot 2 kgCommon Raven . Oiseaux-birds.com. Besoek op 2012-12-19. en daarom is die raaf een van die swaarste sangvoëls. Gewig tussen subspesies verskil: Rawe van Kalifornië weeg gemiddeld 784 g, dié van Alaska gemiddeld 1,13 kg en dié van Nova Scotia 1,23 kg.Linz, G. M., Knittle, C. E. en Johnson, R. E. (1990). Ecology of corvids in the vicinity of the Aliso Creek California Least Tern colony, Camp Pendelton, California. U.S. Dept. of Agric., North Dakota Field Stn. North Dakota State Univ., Fargo. Die snawel is groot en effens geboë, met ’n lengte van 5,7 tot 8,5 cm; dit is van die grootste snawels onder die sangvoëls.

Rawe het ’n langerige stert, sowat 20 tot 26,3 cm, met hoofsaaklik swart vere. Die nekvere is lank en gepunt en die basis daarvan is ’n vaal bruingrys. Die pote is ’n redelike lengte, met ’n voetwortel van 6 tot 7,2 cm lank.Anonymous. (2013) "Corvus corax – Linnaeus, 1758 (Common Raven)" in Deomurari, A.N. (samesteller), 2010. AVIS-IBIS (Avian Information System – Indian BioDiversity Information System) v. 1.0. Foundation For Ecological Security, Indië

Benewens dat hy groter is, verskil die raaf van sy neef die kraai vanweë sy groter en swaarder swart snawel, wollerige vere om die keel en bo die snawel en ’n wigvormige stert. Vlieënde rawe kan van kraaie onderskei word aan hul stertvorm, groter vlerke en stabieler opstygstyl, met minder van ’n vlerkgeklap. Rawe se stem is ook eiesoortig – sy roep is ’n diep gekras wat baie helderder is as dié van ’n kraai. Altesaam 15 tot 30 verskillende geluide is al aangeteken, waarvan die meeste vir sosiale interaksie gebruik word. Nes ander Kraaiagtiges kan rawe klanke uit die omgewing namaak, insluitende die stem van mense. Nievokale klanke sluit in fluitgeluide met die vlerke en klapgeluide met die snawel. As ’n raaf weg is, sal sy maat sy roep namaak om hom aan te spoor om terug te keer.Goodwin, p. 142

Verspreiding en habitat duimnael|'n Nabyskoot van die kop te San Francisco, VSA duimnael|In vlug in Wyoming, VSA thumb|Die legsel van 'n raafpaar Rawe kan in enige klimaat floreer; hierdie spesie het inderdaad die grootste verspreiding van al die lede van die genusGoodwin, p. 70 en een van die grootstes van alle sangvoëls. Hulle kom voor dwarsdeur die Noordelike Halfrond, van arktiese tot gematigde habitats in Noord-Amerika en Eurasië tot die woestyne van Noord-Afrika, en die eilande in die Stille Oseaan.

Die meeste verkies beboste gebiede met groot, oop velde daarnaby of kusstreke vanweë hul plekke om nes te maak en kos te kry. In sommige digbewoonde gebiede soos Kalifornië slaan hulle munt uit die algemene beskikbaarheid van kos en hul getalle neem daar toe. Aan die kus is hulle meer eweredig versprei en bou hulle hul neste teen kranse. Rawe kom dikwels aan die kus voor, want kos en water is geredelik beskikbaar. Die weer en temperatuur is ook stabiel.

Gedrag Intelligensie Die raaf se brein is van die grootste van alle voëls. Hulle toon ’n vermoë om probleme op te los, sowel as ander kognitiewe prosesse (om te leer en kennis op te doen) soos nabootsing en insig.

Die linguis Derek Bickerton, wat voortgebou het op werk deur die bioloog Bernd Heinrich, het gereken rawe is een van net vier bekende diere (die ander drie is bye, miere en mense) wat kan kommunikeer oor voorwerpe of gebeure wat ver in tyd of ruimte verplaas is (sg. linguistiese verplasing). Jong rawe sonder paarmaats sal snags saam slaap, maar bedags alleen na kos gaan soek. As een van hulle op ’n karkas afkom wat deur ’n volwasse paar rawe opgepas word, sal die jong raaf dié aand na die ander terugkeer en vir hulle van sy vonds vertel. ’n Groep jong rawe sal dan die volgende dag na die karkas vlieg en die volwasse paar wegjaag. Volgens Bickerton was die ontwikkeling van linguistiese verplasing dalk die belangrikste gebeure in die evolusie van die menslike taal en is rawe en mense die enigste gewerweldes met dié vermoë.Bickerton, Derek (2009). Adam's Tongue. Hill and Wang. .

Een eksperiment wat ontwerp is om insig en probleemoplossing te toets, was om ’n stuk vleis aan ’n tou vas te maak wat van ’n dwarsstok afhang. Om die vleis in die hande te kry moes die raaf op die dwarsstok staan, die tou entjie vir entjie optrek en op die lusse trap om die tou geleidelik korter te maak. Vier of vyf rawe het eindelik daarin geslaag, en die vordering van geen sukses (deur net aan die tou te pluk) tot sukses (deur die vleis te kry) het plaasgevind sonder enige teken van ’n leer-en-probeer-proses. Dit steun die hipotese dat rawe "uitvinders" is wat probleme kan oplos. Voorheen is gereken hul gedrag is aangebore, maar daar is nou vasgestel hul vermoë om probleme individueel op te los en van mekaar te leer, weerspieël ’n buigsame kapasiteit vir intelligente insig wat ongewoon is onder diere.

’n Ander eksperiment dui daarop dat rawe ten minste ander rawe met opset kan flous.

Hulle kyk waar ander rawe hul kos bêre, onthou die bêreplek en kan later die kos gaan steel. Dit gebeur so dikwels dat rawe soms ver weg van die kosplek sal vlieg om ’n beter wegsteekplek te kry. Daar is ook al waargeneem dat hulle net maak of hulle hul kos op ’n sekere plek wegsteek om ander rawe om die bos te lei.Marzluff and Angell, p. 230

Rawe is bekend daarvoor dat hulle blink voorwerpe soos skulpe, stukkies metaal en golfballe steel en wegsteek. Een teorie is dat hulle blink voorwerpe bymekaarmaak om ander rawe te beïndruk.Marzluff and Angell, p. 232 In ’n ander studie dui die bevindings daarop dat jong rawe uiters nuuskierig is oor alle nuwe dinge en dat hulle van blink, ronde voorwerpe hou vanweë hul ooreenkoms met voëleiers. Volwasse rawe verloor dié belangstelling in die ongewone en ontwikkel ’n groot vrees vir alles wat nuut is.

Spel