Chamorro (Finu' Chamoru) is 'n Maleis-Polinesiese taal wat saam met Engels die amptelike tale van die twee eilandgebiede van die Verenigde State, Guam en die Noordelike Mariana-eilande, vorm. Die tekste van Guam en die Noordelike Mariana-eilande se volksliedere, Fanohge Chamoru en Gi Talo Gi Halom Tasi onderskeidelik, is in Chamorro.
duimnael|links|Verspreiding van Chamorro in die Verenigde State Hoewel die Mariana-eilande tot Mikronesië behoort, is Chamorro nader verwant aan die tale van die Filippyne, Indonesië en Maleisië. Taalkundiges klassifiseer Chamorro as 'n Austronesiese taal wat net een van twee inheemse tale van Mikronesië is, wat nie tot die Oseaniese tak van dié taalfamilie behoort nie, die ander is Palauaans. Die meeste taalkundiges stem ooreen dat Chamorro en Palauaans tot die Soenda-Sulawesi-taalgroep behoort en daarmee verwant is aan tale soos Balinees, Bandjarees, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Minangkabau en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Chamorro het sowat 64 300 moedertaalsprekers, waarvan die meeste op Guam woon, gevolg deur die Noordelike Mariana-eilande. Daarbenewens word Chamorro deur emigrante in die Verenigde State gepraat, veral in die deelstaat Hawaii en ander deelstate langs die weskus.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Guam Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Noordelike Mariana-eilande Kategorie:Tale van die Verenigde State van Amerika Kategorie:Tale van Oseanië