Die Hoboken-katalogus is 'n katalogus van die komposisies van Joseph Haydn. Dit is saamgestel deur Anthony van Hoboken en bevat 750 inskrywings. Die katalogus se volledige titel in Duits is Joseph Haydn, Thematisch-bibliographisches Werkverzeichnis ("Joseph Haydn, tematies-bibliografiese katalogus van werke"). Werk aan die katalogus het in 1934 begin en is afgesluit met 'n derde volume in 1978.

Die werke van Haydn word gewoonlik deur middel van hul Hoboken-katalogusnommers aangedui, byvoorbeeld Vioolconcerto nr. 1 in C-majeur, Hob. VIIa:1.

Die katalogus Die katalogus beslaan 1 936 bladsye en bevat besprekings oor manuskripbronne, vroeë weergawes, inskrywings in vorige katalogusse (insluitende die twee katalogusse wat Haydn self voorberei het), en kritiese kommentaar.

Rangskikking Katalogusse van komponiste se werke volg gewoonlik 'n chronologiese rangskikking (sortering volgens datum van komposisie) of 'n sortering volgens genre.Voorbeelde van katalogusse wat chronologies gerangskik is, is die Köchelverzeichnis van Wolfgang Amadeus Mozart se werke of Otto Erich Deutsch se katalogus van Franz Schubert se werke. 'n Voorbeeld van 'n katalogus wat volgens genre gerangskik is, is Wolfgang Schmieder se katalogus van Johann Sebastian Bach se werke. Die Hoboken-katalogus is gerangskik volgens genre. Die simfonieë is byvoorbeeld in kategorie I, die strykkwartette in kategorie III, die klaviersonates in kategorie XVI, ensovoorts.

Hob. KategorieI Simfonieë (1–108)Ia Overtures (1–16)II Divertimenti in 4 and more Parts (1–47)III Strykkwartette (1–83b)IV Divertimenti in 3 dele (1–11)V Stryktrio's (1–21)VI Verskeie duo's (1–6)VII Concerto's vir verskeie instrumenteVIII Marse (1–7)IX Danse en menuette (1–29)X Verskeie werke vir baryton (1–12)XI Trio's vir baryton, viool of viool en tjello (1–126)XII Duo's met baryton (1–25)XIII Concerto's vir baryton (1–3)XIV Divertimenti met klavier (1–13)XV Trio's vir klavier, viool of fluit en tjello (1–40)XVa Klavierduo'sXVI Klaviersonates (1–52)XVII Klavierstukke (1–12)XVIIa Klavier-vierhande (1–2)XVIII Klawerbordconcerto's (1–11)XIX Stukke vir meganiese klok (Flötenuhr) (1–32)XX Weergawes van The Seven Last Words of ChristXXa Stabat MaterXXI Oratorios (1, 2, 3)XXII Misse (1–14)XXIII Ander gewyde werkeXXIV Kantates en arias met orkesXXV Liede vir 2, 3, en 4 deleXXVI Liede en kantates met klavierXXVII Kanonne (gewy 1–10; sekulêr 1–47)XXVIII Opera (1–13) XXIX Marionette-operas (Singspiele)XXX Toevallige musiekXXXI Verwerkings van Skotse (273) en Walliese (60) volksliedere

Sien ook

Lys van concerto's van Joseph Haydn

Verwysings

Eksterne skakels Hoboken-katalogus in PDF Lys van werke van Joseph Haydn

Kategorie:Musiekkatalogusse