Michael Tellinger is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, ontdekkingsreiser en stigter van die Ubuntu Party wat die verskaffing van gratis  hulpbronne ondersteun vir alle vlakke van die samelewing. Hy stel voor dat Adam se Kalender 'n terrein van buitengewone argeologiese belang is, wat in die middel is van 'n netwerk van klip sirkels dwarsoor Suid-Afrika en wat hy beweer energie gekanaliseer het in antieke tye. Hy het 'n veldtog gelei teen banke en sentrale banke.

Veldtog teen banke Tellinger is in 2012 in die hooggeregshof in Johannesburg gedagvaar deur Standard Bank vir die nie-betaling van sy huislening van R828 015 wat in 2007 toegestaan is. Tellinger se argument, in 'n neutedop, is dat banke geld uit die lug skep en daarom kon hy dieselfde doen. Hy het Standard Bank 'n stuk papier gestuur wat volgens hom 'n "verhandelbare instrument" was vir die finale betaling van die lening. Standard bank het hom hof toe geneem en binne enkele minute is sy saak met koste van die hand gewys deur regter Jackson Mabsele. Tellinger is beveel om die lening en die regskoste van albei partye te betaal. Die moontlikheid bestaan ook dat hy gedagvaar kan word vir laster en ook 'n "lastige litigant" verklaar kan word. Hy het na die hof-saak gesê dat hy die saak na die Konstitusionele hof sal vat.

Skrywer Hy het die volgende boeke geskryf:

Politiek Tellinger het 'n Suid-Afrikaanse politieke party, Ubuntu Party, gestig, vernoem na die beginsels van Ubuntu-"Bydra-isme".

Opvoeding Tellinger het in 1983 aan die Universiteit van die Witwatersrand se mediese skool, Johannesburg, 'n B.Farmasie-graad verwerf.

Musiek Hy het baie van sy vroeë jare in die kunste op die verhoog en op die skerm deurgebring. As deel van die duo “Stirling & Tellinger” het hy verskeie musiektreffers in Suid-Afrika gehad. In 1986 het hy in Los Angeles vir Cannon Films as klankontwerper en redakteur gewerk en het die omstrede anti-apartheidslied “We come from Johannesburg” geskryf en opgeneem wat onder die vorige regime verbied is. Sy jongste bydrae tot die kunste was 'n liedjie "Side By Side With Angels" vir die rampfonds TSUNAMI in 2005, wat 'n aantal top Suid-Afrikaanse kunstenaars bevat.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Suid-Afrikaanse wetenskaplikes Kategorie:Lewende mense Kategorie:Skynwetenskappe