Die Straat van Taiwan, of Formosastraat, is ’n seestraat van 180 km breed wat die eiland Taiwan (of die Republiek China) skei van die vasteland van China (die Volksrepubliek China). Dit is deel van die Suid-Chinese See en verbind die Oos-Chinese See met die noorde. Die smalste deel is 130 km breed.

Geskiedenis Die seestraat was sedert die Chinese Burgeroorlog in 1949 die verhoog vir verskeie konfrontasies tussen die Republiek China (RC) en die Volksrepubliek China (VRC). Tydens die oorlog het die Kuomintang-magte onder opperbevelhebber Chiang Kai-shek oor die straat na Taiwan teruggewyk.

Voorgestelde skakel Die VRC het in 2005 ’n tonnel of brug voorgestel om die stad Fuzhou oor die straat met Taipei te verbind. As so ’n tonnel gebou sou word, sou dit die langste mensgemaakte tonnel in die wêreld wees. Ingenieurs in Beijing glo so ’n tonnel is moontlik.

Die regering van die RC is egter daarteen gekant uit kommer oor Taiwan se sekuriteit en omdat hulle bang is hulle erken daardeur die VRC se een-China-beleid: China is in die burgeroorlog in twee verdeel en die betrekkinge tussen die twee dele is steeds stram.

Verwysings

Bronnelys Bush, R. (2006). Untying the Knot: Making Peace in the Taiwan Strait. Brookings Institution Press. Cole, B. (2006). Taiwan's Security: History and Prospects. Routledge. Copper, J. (2006). Playing with Fire: The Looming War with China over Taiwan. Praeger Security International General Interest. Gill, B. (2007). Rising Star: China's New Security Diplomacy. Brookings Institution Press.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Taiwan, Straat van Kategorie:Geografie van China