Die Chinese Nuwejaar, ook bekend as die Lentefees of Maannuwejaar, is ’n belangrike feesdag in moderne China wat aan die begin van die tradisionele Chinese maansonkalender gevier word. Vierings duur gewoonlik van die aand voor die eerste dag tot met die Lanternfees op die 15de dag van die eerste kalendermaand. Die eerste dag van die nuwe jaar val op die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. In 2020 was die Maannuwejaar op Saterdag 25 Januarie 2020; dit was die begin van die Jaar van die Rot.

Beskrywing duimnael|links|Leeudans by die Nan Hua-tempel, Bronkhorstspruit, Gauteng, tydens Chinese Nuwejaar op 10 Februarie 2019. duimnael|regs|Chinese nuwe jaar in Manchester, die Verenigde Koninkryk duimnael|regs|Die deur van ’n huis versier vir die Nuwejaar. duimnael|regs|Voorbeeld van 'n hongbao of rooi koevertjie Die Nuwejaarfees is eeue oud en vind plaas na aanleiding van verskeie mites en gebruike. Die fees was tradisioneel ’n tyd om gode en voorouers te vereer. Die Maannuwejaar word ook in ander Asiatiese lande en gebiede gevier, soos Taiwan, Hongkong, Macau, Singapoer, Indonesië, Maleisië, Korea, Thailand, Viëtnam, Kambodja, Mauritius, Australië, Filippyne. en Suid-Afrika.

In China is daar groot verskille tussen die streeksgebruike en tradisies van die viering van die Nuwejaar. Die aand voor die tyd is gewoonlik ’n geleentheid vir Chinese families om byeen te kom vir ’n jaarlikse reünie-ete. Dit is ook tradisie dat die familie hul huis deeglik skoonmaak om slegte geluk weg te vee en plek te maak vir goeie geluk. Vensters en deure word versier met rooi papier en gedigte met gewilde temas soos geluk, rykdom en ’n lang lewe. Ander bedrywighede sluit in klappers skiet en die gee van geld in rooi koeverte. Kluitjies, veral met groentevulsels, is ook gewilde eetgoed tydens die feesvierings.

Dit is een van die wêreld se grootste feeste, met "die grootste jaarlikse menslike migrasie in die wêreld".China's holiday rush begins early, BBC

Datums van die Chinese Nuwejaar Hier onder volg die datum en naam van die Chinese Nuwejaar van 2001 tot 2100.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin die Chinese Nuwejaar met die donkermaan tussen 21 Januarie en 20 Februarie. Baie mense werk hul Chinese geboortejaar verkeerdelik volgens hul Gregoriaanse geboortejaar uit. Omdat die Chinese jaar in laat Januarie tot middel Februarie begin, hou die vorige Chinese jaar tot die vorige dag aan. Die Jaar van die Slang 1989 het byvoorbeeld op 6 Februarie 1989 begin. Die voorafgaande Jaar van die Draak 1988 het dus tot 5 Februarie 1989 geduur. Iemand wat tussen 1 Januarie en 5 Februarie 1989 gebore is, is eintlik in die Jaar van die Draak gebore en nie in die Jaar van die Slang nie. Dit word nie altyd op aanlyn webtuistes wat geboortejare bereken, in berekening gebring nie.

Gregoriaans Datum Dier Dag van die week Gregoriaans Datum Dier Dag van die week 2001 24 Jan. Slang Woensdag 2026 17 Feb. Perd Dinsdag 2002 12 Feb. Perd Dinsdag 2027 6 Feb. Bok Saterdag 2003 1 Feb. Bok Saterdag 2028 26 Jan. Aap Woensdag 2004 22 Jan. Aap Donderdag 2029 13 Feb. Haan Dinsdag 2005 9 Feb. Haan Woensdag 2030 3 Feb. Hond Sondag 2006 29 Jan. Hond Sondag 2031 23 Jan. Vark Donderdag 2007 18 Feb. Vark Sondag 2032 11 Feb. Rot Woensdag 2008 7 Feb. Rot Donderdag 2033 31 Jan. Os Maandag 2009 26 Jan. Os Maandag 2034 19 Feb. Tier Sondag 2010 14 Feb. Tier Sondag 2035 8 Feb. Konyn Donderdag 2011 3 Feb. Konyn Donderdag 2036 28 Jan. Draak Maandag 2012 23 Jan. Draak Maandag 2037 15 Feb. Slang Sondag 2013 10 Feb. Slang Sondag 2038 4 Feb. Perd Donderdag 2014 31 Jan. Perd Vrydag 2039 24 Jan. Bok Maandag 2015 19 Feb. Bok Donderdag 2040 12 Feb. Aap Sondag 2016 8 Feb. Aap Maandag 2041 1 Feb. Haan Vrydag 2017 28 Jan. Haan Saterdag 2042 22 Jan. Hond Woensdag 2018 16 Feb. Hond Vrydag 2043 10 Feb. Vark Dinsdag 2019 5 Feb. Vark Dinsdag 2044 30 Jan. Rot Saterdag 2020 25 Jan. Rot Saterdag 2045 17 Feb. Os Vrydag 2021 12 Feb. Os Vrydag 2046 6 Feb. Tier Dinsdag 2022 1 Feb. Tier Dinsdag 2047 26 Jan. Konyn Saterdag 2023 22 Jan. Konyn Sondag 2048 14 Feb. Draak Vrydag 2024 10 Feb. Draak Saterdag 2049 2 Feb. Slang Dinsdag 2025 29 Jan. Slang Woensdag 2050 23 Jan. Perd Sondag Gregoriaans Datum Dier Dag van die week Gregoriaans Datum Dier Dag van die week 2051 11 Feb. Bok Saterdag 2076 5 Feb. Aap Woensdag 2052 1 Feb. Aap Donderdag 2077 24 Jan. Haan Sondag 2053 19 Feb. Haan Woensdag 2078 12 Feb. Hond Saterdag 2054 8 Feb. Hond Sondag 2079 2 Feb. Vark Donderdag 2055 28 Jan. Vark Donderdag 2080 22 Jan. Rot Maandag 2056 15 Feb. Rot Dinsdag 2081 9 Feb. Os Sondag 2057 4 Feb. Os Sondag 2082 29 Jan. Tier Donderdag 2058 24 Jan. Tier Donderdag 2083 17 Feb. Konyn Woensdag 2059 12 Feb. Konyn Woensdag 2084 6 Feb. Draak Sondag 2060 2 Feb. Draak Maandag 2085 26 Jan. Slang Vrydag 2061 21 Jan. Slang Vrydag 2086 14 Feb. Perd Donderdag 2062 9 Feb. Perd Donderdag 2087 3 Feb. Bok Maandag 2063 29 Jan. Bok Maandag 2088 24 Jan. Aap Saterdag 2064 17 Feb. Aap Sondag 2089 10 Feb. Haan Donderdag 2065 5 Feb. Haan Donderdag 2090 30 Jan. Hond Maandag 2066 26 Jan. Hond Dinsdag 2091 18 Feb. Vark Sondag 2067 14 Feb. Vark Maandag 2092 7 Feb. Rot Donderdag 2068 3 Feb. Rot Vrydag 2093 27 Jan. Os Dinsdag 2069 23 Jan. Os Woensdag 2094 15 Feb. Tier Maandag 2070 11 Feb. Tier Dinsdag 2095 5 Feb. Konyn Saterdag 2071 31 Jan. Konyn Saterdag 2096 25 Jan. Draak Woensdag 2072 19 Feb. Draak Vrydag 2097 12 Feb. Slang Dinsdag 2073 7 Feb. Slang Dinsdag 2098 1 Feb. Perd Saterdag 2074 27 Jan. Perd Saterdag 2099 21 Jan. Bok Woensdag 2075 15 Feb. Bok Vrydag 2100 9 Feb. Aap Dinsdag

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Kultuur in China Kategorie:Chinese kalenders