Die Verbode Stad is ’n paleiskompleks in Sentraal-Beijing, China. Die voormalige keiserlike paleis van die Ming-dinastie tot aan die einde van die Qing-dinastie (1420-1912) huisves nou die Paleismuseum. Die Verbode Stad het amper 500 jaar lank gedien as die woning van die keisers en hul huishoudings sowel as die seremoniële en politieke sentrum van die Chinese regering.
Die kompleks is tussen 1406 en 1420 gebou. Dit bestaan uit 980 geboue en staan op ’n terrein van 72 ha. Die argitektuur is tradisioneel Chinees en dit het kulturele en argitektoniese ontwikkelings in Oos-Asië en elders beïnvloed. Die Verbode Stad in in 1987 deur Unesco as ’n wêrelderfenisgebied verklaar en word gelys as die grootste versameling bewaarde antieke houtstrukture in die wêreld.
Sedert 1925 huisves die Verbode Stad die Paleismuseum, waarvan die uitgebreide versameling kunswerke en artefakte gebou is op die keiserlike versamelings van die Ming- en Qing-dinastie. Deel van die museum se voormalige versameling is nou in die Nasionale Paleismuseum in Taipei. Albei museums was deel van dieselfde instelling, maar het geskei ná die Chinese Burgeroorlog. Sedert 2012 besoek gemiddeld 15 miljoen mense jaarliks die Verbode Stad; in 2016 was daar 16 miljoen besoekers.
Naam Die algemene Afrikaanse naam "Verbode Stad" is ’n vertaling van die Chinese naam Zíjinchéng, "Purpur Verbode Stad". Die naam Zíjinchéng is in 1576 die eerste keer amptelik gebruik.p26, Barmé, Geremie R (2008). The Forbidden City. Harvard University Press.
Die naam is op verskeie vlakke betekenisvol. Zí ("purper" of "pers") verwys na die Noorderster, wat in antieke China die Zíwei-ster genoem is. In tradisionele Chinese astrologie was dit die blyplek van die Hemelse Keiser. Die Verbode Stad, as die woning van die aardse keiser, was die aardse weergawe daarvan. Jin, of "Verbode", verwys na die feit dat niemand die stad sonder die keiser se toestemming kon binnegaan of verlaat nie. Chéng beteken "stad".p. 18,
Vandag is die terrein in Chinees meestal bekend as Gùgōng (故宫), wat "Voormalige Paleis" beteken. Die museum in dié geboue word die "Paleismuseum" (故宫博物院, Gùgōng Bówùyùan) genoem.
Geskiedenis Toe keiser Hongwu se seun, Zhu Di, keiser Yongle word, het hy die hoofstad van Nanjing na Beijing geskuif. Die bou van wat later die Verbode Stad sou word, het in 1406 begin.
duimnael|links|180px|Die Verbode Stad soos uitgebeeld op ’n skildery uit die Ming-dinastie. Bouwerk het 14 jaar geduur en ’n miljoen werkers het daaraan gewerk.p. 15, Materiaal het ingesluit duur hout van die boom Phoebe zhennan wat in die woude van Suidwes-China groei en groot marmerblokke uit steengroewe naby Beijing. Die vloer van groot sale is uitgelê met "goue stene", spesiale stene uit Suzhou.
Van 1420 tot 1644 was die Verbode Stad die setel van die Ming-dinastie. In April 1644 is dit oorgeneem deur rebelle onder Li Zicheng, wat homself tot keiser van die Shun-dinastie verklaar het.p. 69, Yang (2003) Hy het gou gevlug vir die gekombineerde leër van die voormalige Ming-generaal Wu Sangui en Mantsjoe-magte, en het in die proses dele van die paleis aan die brand gesteek.p. 3734,
Teen Oktober het die Mantsjoes die oppermag in Noord-China gehad en ’n seremonie is in die Verbode Stad gehou om die jong Shunzhi as leier van die Qing-dinastie te kroon. Die Qing-heersers het die name van sommige hoofgeboue hernoem om klem te lê op "Harmonie" eerder as "Oppergesag", die naamplate tweetalig gemaak (in Chinees en Mantsjoe) en sjamanistiese elemente tot die paleis bygevoeg.
In 1860, tydens die Tweede Opiumoorlog, het Anglo-Franse magte beheer van die Verbode Stad oorgeneem en dit tot aan die einde van die oorlog beset. In 1900 het die Keiserin-weduwee en regentes Cixi tydens die Bokserrebellie uit die paleis gevlug en magte van die verdragslande het dit tot die volgende jaar beset.
duimnael|240px|Die Oostelike Gloriepoort. Nadat dit die tuiste van 24 keisers was – 14 van die Ming- en 10 van die Qing-dinastie – was die Verbode Stad van 1912 af nie meer die politieke sentrum van China nie nadat Puyi, China se laaste keiser, geabdikeer het. Volgens ’n ooreenkoms met die regering van die nuwe Republiek China het Puyi in die Binnehof aangebly terwyl die Buitehof vir openbare gebruik oopgestel is,p. 137, Yang (2003) totdat Puyi ná ’n bewindsoorname in 1924 uitgeskop is.
In 1925 is die Paleismuseum in die paleis gehuisves. In 1933, met die Japannese inval in China, is die nasionale skatte uit die Verbode Stad verwyder.Sien ’n kaart van die verwyderingsroetes by: ’n Deel van die versameling is aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog teruggebring, maar die ander deel is in 1948 na Taiwan geneem. Hierdie relatief klein maar kosbare versameling is tot in 1965 gestoor en het daarna die kern van die Nasionale Paleismuseum in Taipei geword.
Ná die stigting van die Volksrepubliek China in 1949 is skade aan die Verbode Stad aangerig terwyl die land tot ’n rewolusionêre drif opgesweep is. Tydens die Kulturele Rewolusie is verdere verwoesting egter verhoed toe premier Zhou Enlai ’n leërbataljon stuur om die paleis te beskerm.
In 1987 het Unesco die Verbode Stad tot ’n wêrelderfenisgebied verklaar as deel van die "Keiserlike Paleise van die Ming- en Qing-dinastie".The Forbidden City was listed as the "Imperial Palace of the Ming and Qing Dynasties" (Official Document). Later is "in Beijing en Shenyang" by die naam gevoeg. Die Paleismuseum, wat dit bestuur, is besig met ’n restourasieprojek van 16 jaar om alle geboue tot hul toestand van voor 1912 te herstel.
Op 8 November 2017 was Donald Trump die eerste Amerikaanse president vir wie ’n staatsete in die Verbode Stad gehou is sedert die stigting van die volksrepubliek. duimnael|600px|center|Die Verbode Stad soos gesien vanaf Jingshanpark.
Uitleg duimnael|350px|’n Plan van die Verbode Stad.
- – - Min of meer die verdelingslyn tussen die Binnehof (noord) en Buitehof (suid).
A. Meridiaanpoort B. Poort van Goddelike Mag C. Westelike Gloriepoort D. Oostelike Gloriepoort E. Hoektorings F. Poort van Opperste Harmonie G. Saal van Opperste Harmonie
H. Saal van Militêre Voortreflikheid J. Saal van Letterkundige Glorie K. Suidelike Drie Plekke L. Paleis van Hemelse Reinheid M. Keiserlike tuin N. Saal van Geestelike Groei O. Paleis van ’n Kalm, Lang Lewe
Die Verbode Stad is in ’n reghoek gebou wat van noord na suid 961 m lank en van oos na wes 753 m breed is. Dit bestaan uit 980 geboue wat behoue gebly het met 8 886 kamerinhamme.Terwyl groter geboue in Chinese argitektuur gewoonlik verdeel word in verskillende konfigurasies, word die getal kamers in die Verbode Stad tradisioneel getel in terme van "kamerinhamme", met elke inham wat deur vier strukturele pilare gedefinieer word. Volgens ’n algemene mite is daar 9 999 kamers en voorkamers, geskoei op mondelinge tradisie, maar dit word nie deur opnames ondersteun nie. Die Verbode Stad is so ontwerp dat dit die middelpunt van die antieke, ommuurde stad Beijing moes wees. Dit word omring deur ’n groter ommuurde gebied wat die Keiserlike Stad genoem word. Die Keiserlike Stad word op sy beurt deur die Binnestad omring; in die suide lê die Buitestad.
Die Verbode Stad maak steeds deel uit van Beijing se ontwerp. Die sentrale noord-suid-as is steeds die stad se sentrale as. Dit loop na suid deur Tiananmen-poort na Tiananmen-plein, die seremoniële sentrum van die Volksrepubliek China, en van daar tot by Yongdingmen. Noord loop dit deur Jingshan-heuwel tot by die Klok-en-Tromtorings. Die as wyk eintlik met twee grade af van die meridiaan en navorsers glo die as is in die Yuan-dinastie so ontwerp dat dit oplyn met Xanadu, hul ryk se ander hoofstad.
Mure en poorte duimnael|links|Die Meridiaanpoort, die voorste ingang tot die Verbode Stad, met sy vyf ingange sigbaar. duimnael|links|Die noordwestelike hoektoring. duimnael|links|Die Poort van Opperste Harmonie. Die Verbode Stad word omring deur ’n stadsmuur van 7,9 m hoog en ’n grag van 6 m diep en 52 m breed. Die mure is onder 8,62 m breed en loop smaller na bo, tot ’n breedte van 6,66 m.p. 25, Yang (2003) Hulle het as beide verdedigings- en keermure vir die paleis gedien. Die binnekant is van natuurlike materiale soos grond en aan die buitekant is hulle weerskante afgerond met drie lae spesiaal gebakte stene; die tussenruimtes is met messelklei gevul.p. 32, Yu (1984)
Op elke hoek van die muur is ’n toring (E) met ’n ingewikkelde dak wat 72 nokke bevat. Hulle is die mees sigbare deel van die paleis vir mense wat buite die muur staan en baie volksverhale wentel om die torings. Volgens een legende kon vakmanne nie ’n hoektoring weer aanmekaarsit nadat dit in die vroeë Qing-dinastie vir restourasie uitmekaargehaal is nie, en dit is eers herbou ná die ingryping van die onsterflike timmerman Lu Ban.
Aan elke kant van die muur is ’n poort. In die suidelike muur is die hoofhek, die Meridiaanpoort (A).Tiananmenpoort is tegnies nie deel van die Verbode Stad nie, maar ’n ingang van die Keiserlike Stad. In die noorde is die Poort van Goddelike Mag (B), wat op Jingshanpark uitkyk. Die oostelike en westelike poorte word die "Oostelike Gloriepoort" (D) en "Westelike Gloriepoort" (C) genoem.
Die Meridiaanpoort het twee vleuels wat uitsteek en saam vorm hulle drie kante van ’n vierkantige plein.p. 33, Yu (1984) Die poort het vyf ingange. Die middelste ingang is deel van die Keiserlike Weg, wat die sentrale as van die stad en van die antieke stad Beijing self vorm. Dit loop heelpad van die Poort van China in die suide tot by Jingshanpark in die noorde. Net die keiser mag op die pad geloop of gery het, behalwe die keiserin op haar troudag en topstudente nadat hulle die Keiserlike Eksamen geslaag het.p. 25, Yu (1984)
Buitehof, of suidelike deel duimnael|Die Saal van Opperste Harmonie. duimnael|Die naamplaat van die Saal van Opperste Harmonie. duimnael|Die troon in die Saal van die Bewaring van Harmonie. duimnael|Die Saal van Sentrale Harmonie (voor) en die Saal van die Bewaring van Harmonie.
Die Verbode Stad word tradisioneel in twee dele verdeel. Die Buitehof (外朝) of Voorhof (前朝) is die suidelike deel en is vir seremoniële doeleindes gebruik. Die Binnehof (内廷) of Agterpaleis (后宫) is die noordelike deel en was die tuiste van die keiser en sy huishouding. Dit is ook gebruik vir algemene staatsake. Die kompleks het oor die algemeen drie horisontale asse. Die belangrikste geboue lê op die sentrale noord-suid-as.
As ’n mens by die Meridiaanpoort instap, kom jy by ’n groot plein met ’n rivier waaroor vyf brûe loop. Aan die agterkant van die plein is die Poort van Opperste Harmonie (F). Aan die ander kant van die poort is die Saal van Opperste Harmonie-plein. Op dié plein is ’n marmerterras wat uit drie lae bestaan. Op die terras staan drie sale, wat die fokuspunt van die kompleks is. Van suid af is hulle die Saal van Opperste Harmonie (太和殿), die Saal van Sentrale Harmonie (中和殿) en die Saal van die Bewaring van Harmonie (保和殿).p. 48, Yu (1984)
Die Saal van Opperste Harmonie (G) is die grootste en is sowat 30 m hoog. Dit was die seremoniële sentrum van keiserlike mag en is die grootste houtstruktuur in China wat bewaar gebly het. In die plafon in die middel van die saal is in ingewikkelde caisson (uitgeholde deel) wat met ’n draak versier is. Uit sy bek kom ’n kandelaaragtige stel metaalballe, wat die Xuanyuan-spieël genoem word.p. 253, Yu (1984) Tydens die Ming-dinastie het die keiser hier oudiënsies gehou om staatsake te bespreek. Tydens die Qing-dinastie, toe baie meer oudiënsies gehou is, is ’n ander gebou daarvoor gekies en is die Saal van Opperste Harmonie net vir seremonies soos kronings, inhuldigings en keiserlike troues gebruik.