Sunnyside is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 3,3 km noordwes van die stadsaal geleë.
duimnael|links|240px|Op dié straatkaart van 1929 is Sunnyside in die middel in die verligte sirkel. Die grense is Quincestraat, Frostlaan, Governmentweg (waarvan die naam Stanleylaan geword het) en die standplase wat wes van Limestraat lê. Dit beslaan net 0,032 km² en word geheel en al deur Braamfonteinwerf omring. Ietwat verder suid is Cottesloe, wes die Uitsaaisentrum en Auckland Park en noord Richmond.
Die New Dictionary South African Place Names noem Sunnyside, Johannesburg, net terloops by die inskrywing oor Sunnyside, Pretoria, maar verstrek geen besonderhede oor wanneer dit uitgelê is of waar die naam vandaan kom nie. In die ou Suid-Afrika was die verdeling van Afrikaans- en Engelssprekende inwoners van Sunnyside redelik gelykop, te oordeel na die munisipale kieserslys. In 1934 was dit 71 Afrikaans en 60 Engels, in 1949 75 en 55 en in 1961 61 en 53.
Bronne Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Kategorie:Voorstede van Johannesburg