Talboton is ’n voorstad van Johannesburg, sowat 7 km noordoos van die stadsaal.
duimnael|links|280px|Johannesburg se noordoostelike voorstede in 1929. Percelia Estate, Talboton, die helfte van Faimount en Raedene Estate is later aangelê op die onbeboude stuk grond oos van Highlands-Noord. Die voorstad is net 0,08 km² groot en beslaan drie hele straatblokke en ’n ry huise aan Boundaryweg. In die noorde word dit begrens deur Percelia Estate, in die ooste deur Fairmount, in die suide deur Raedene Estate (’n selfs kleiner voorstad) en in die weste deur Rouxville en Highlands-Noord. Talboton is op die plaas Klipfontein No. 139 uitgelê en op 22 November 1944 geproklameer. Die eienaar van die dorpsgebied, John Talbot Rowe, het dit na homself genoem. In 1949 het die voorstad twee Afrikaanse munisipale kiesers gehad en 74 Engelse. Teen 1961 het die Afrikaanse kiesers tot 13 toegeneem en die Engelse tot 99. Vir die sensus van 2011 is ’n groot gedeelte van die aanliggende Fairmount saam met Talboton getel. Toe was amper twee derdes van die inwoners van dié wyk wit en een derde swart. Tweede derdes (327) se huistaal was Engels en net drie Afrikaans.
Bronne Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers Stals, prof. dr. E.L.P (red.). 1978. Afrikaners in die Goudstad. Deel 1. 1886 - 1924. Kaapstad en Pretoria: HAUM.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Johannesburg