Willie Michael Toweel (6 April 1934 – 25 Desember 2017) was 'n Suid-Afrikaanse bokser wat 'n bronsmedalje by die Olimpiese Somerspele 1952 in Helsinki in die vlieggewigafdeling gewen het. Hy het ook Suid-Afrikaanse titels in vier ander gewigsafdelings gewen: kapok-, veer-, lig- en weltergewig. Hy was die broer van Vic Toweel, 'n voormalige wêreldkampioen.
Bron https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/bokslegende-sterf-op-kersdag-20171226(intekening benodig) Willie Toweel se boksrekord op boxrec.com
Kategorie:Suid-Afrikaanse boksers Kategorie:Geboortes in 1934 Kategorie:Sterftes in 2017 Kategorie:Olimpiese deelnemers