Dillyn Yullrich Leyds (gebore 12 September 1992 in Somerset-Wes, Suid-Afrika) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler, wat tans Superrugby vir die Stormers speel. Hy kan op heelagter, losskakel of vleuel speel.

Loopbaan

Jeug en Varsitybekerrugby Leyds het sy opvoeding aan die Western Province Preparatory School ontvang en ook skoolgegaan by Bishops College in Kaapstad, waar hy vir hul Eerste XV rugbyspan gespeel het in 2009 en 2010, saam met spelers soos Nizaam Carr, Oli Kebble, Johnny Kôtze, Sam Lane en Tim Swiel.

Hy het die Westelike Provinsie op verskillende ouderdomsvlakke verteenwoordig. In 2010 is hy ingesluit in beide hul onder-18 Akademieweek en Craven-weekspanne. Die volgende jaar speel hy vir die WP se onder-19-span in die 2011 Onder-19 Provinsiale Kampioenskap, waar hy 133 punte aangeteken het in 13 wedstryde om tweede te eindig op toernooi se punteleer en help só sy span om die kwarteind van die kompetisie te haal. Hy was 'n gereelde keuse in die Westelike Provinsie se onder-21-span tydens die 2012 en 2013 Provinsiale Kampioenskappe, met 'n oorwinning in die kompetisie in 2013.

In 2012 en 2013 speel hy ook Varsitybeker vir die Kaapstadse Ikey Tigers. Hy was gesamentlik die derde-hoogste driedrukker in 2012, met 'n gemiddeld van een drie per wedstryd in sy sewe vertonings.

2012 IRB Junior Wêreldkampioenskap In 2012 was Leyds 'n lid van die Junior Bokke-span wat die 2012 IRB Junior Wêreldbeker op eie bodem gewen het. Leyds het in al hul groepwedstryde begin, teen Ierland en Engeland, hul halfeind teen Argentinië en die eindstryd teen Nieu-Seeland, waar hy sy span dra tot 'n 22-16 oorwinning oor die verdedigende kampioene om die titel vir die eerste keer ooit te wen.

Die Westelike Provinsie Leyds is ingesluit in die Westelike Provinsiespan vir die 2013 Vodacombekerkompetisie. Sy eersteklasdebuut gekom het teen die Argentynse uitnodigingspan van die Pampas XV in Kaapstad. Hy het opgekom as 'n tweede helfte plaasvervanger en reeds sukses behaal met sy eerste aanraking van die bal, plus 'n strafskop later om die Westelike Provinsie 'n oorwinning van 28-17 te besorg. Hy het ook verskyn in hul halfeindstryd teen die Goue Leeus, maar kon nie verhoed dat hulle uitgeskakel word uit die kompetisie na 'n 44-25 nederlaag nie.

Western Force en Perth Spirit Leyds vertrek hierna na Australië om aan te sluit by die Perth-gebaseerde Superrugbyfranchise die Force vir die 2014 Superrugbyseisoen, waar hy getrek was vir hul uitgebreide oefengroep. Hy is die eerste keer ingesluit in 'n wedstrydspan in rondte 6 teen die Crusaders in Christchurch. Hy het tydens die seisoen drie keer opgedraf as 'n Force-plaasvervanger, in hul wedstryde teen die Crusaders, Blues en die Reds. Hy was ook 'n lid van die Perth Spiritspan wat aan die 2014 Nasionale Rugbykampioenskap deelgeneem het Hy het vyf keer opgedraf in die kompetisie en 'n drie gedruk teen die Universiteit van Canberra Vikings.

Terugkeer na die Westelike Provinsie In Maart 2014 het die Westelike Provinsie aangekondig dat Leyds sou terugkeer na die Kaapstadse span vir die 2014 Curriebeker Premierafdeling-seisoen. Weens sy voortdurende verpligtinge by die Force en Perth Spirit, het hy eers by die Westelike Provinsie begin oefen aan die einde van September 2014.

Stormers Op 14 Februarie 2015 maak hy sy Superrugbydebuut vir die Stormers teen die Bulls, waartydens sy drie op vleuel die Stormers gehelp het om die Bulle met 17-29 kaf te draf in Pretoria, die eerste naweek van die 2015 Superrugbyseisoen.

Eksterne skakels

Dillyn Leyds by itsrugby.co.uk

Verwysings

Kategorie:Stormers rugbyspelers Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1992 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Alumni van Diocesan College, Kaapstad