Die gewone troupant (Coracias caudatus) is 'n algemene standvoël in savanne. In Engels staan die voël bekend as die Lilac-breasted Roller.

Identifikasie Die voël is 29 cm lank en 37 cm met die middelstert ingesluit. Die volwasse voël het gepunte stertvere, die kroon, agternek en mantel is turkoois en die bors is ligpers. Die langstertvere val uit in die winter wanneer die voël verveer. Die jong voël is valer en het nie verlengde stertvere nie. Dit word onderskei van die Europese troupant deur dat die kop en snawel kleiner en die slagvere blou en nie swart is nie.

Die voël sit oop en bloot en dikwels op telefoondrade.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Eksterne skakels

Kategorie:Troupante Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin