Charles Aznavour (22 Mei 1924 in Parys - 1 Oktober 2018 in Mouriès, Bouches-du-Rhône; sy oorspronklike naam is Shahnour Varenagh Aznavourian (Armeens: Շահնուր Վաղինակ Ազնավուրյան) of soms ook Charles Aznavurijan) was 'n Franse skrywer, komponis, chansonnier (sanger) en akteur van Armeense afkoms. Hy was een van die bekendste Franse sangers.

Charles Aznavour word deur die beroemde sangeres Édith Piaf in 1946 op 'n konserttoer in Frankryk en die Verenigde State saamgeneem en verwerf sodoende internasionale bekendheid. Hy staan nou vir meer as 'n halfeeu bekend as een van die groot verteenwoordigers van die moderne Franse chanson-musiekgenre. Die meeste van die meer as 1 000 chansons wat hy geskryf het, behandel tradisionele onderwerpe soos die liefde. Sy diskografie van meer as eenhonderd opnames sluit weergawes van sy liedere in vyf tale in.

As akteur tree Charles Aznavour in meer as sestig rolprente op. In 2002 speel hy die hoofrol in sy mees persoonlike film, Ararat van die Kanadees-Armeense direkteur Atom Egoyan, wat die Armeense volksmoord in Turkye behandel.

Op 30 September 2006 het Charles Aznavour se konsert op die Republiekplein van die Armeense hoofstad Jerevan 50 000 toehoorders gelok, met wie hy ook Armeens gepraat het. Hy het ter geleentheid van die eerste amptelike besoek van 'n Franse Staatspresident in Armenië opgetree.

Bibliografie Aznavour par Aznavour, Parys, Fayard, 1970, 311 p. (). Des mots à l'affiche, Parys, Le Cherche-midi, 1991, 153 p. (). Mes chansons préférées, (mede-outeur saam met Daniel Sciora), Christian Pirot, 2000 Le Temps des avants, Parys, Flammarion, 2003, 354 p. (). Images de ma vie (fotoboek), Flammarion, 2005 Mon père, ce géant, Parys, Flammarion, 2007, 152 p. ( et 2-08-120974-8) À voix basse, Parys, Don Quichotte, 2009, 225 p. (). D'une porte l'autre, Parys, Éditions Don Quichotte, 2011, 163 p. () En haut de l'affiche, Parys, Flammarion, 2011, 150 p. () Tant que battra mon cœur, Parys, Éditions Don Quichotte, 2013, 228 p. () Ma vie, mes chansons, mes films, (mede-outeur saam met Philippe Durant & Vincent Perrot), Parys, Éditions de la Martinière, 2015, 232 p. () Retiens la vie, Parys, Éditions Don Quichotte, 2017, 139 p. ()

Eksterne skakels Die webwerf van Charles Aznavour Charles Aznavour- Armenian-Russian fan site

Sien ook Diskografie van Charles Aznavour

Kategorie:Franse akteurs Kategorie:Franse komponiste Kategorie:Franse sangers Kategorie:Franse skrywers Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2018