Die Sentraal-Afrikaanse Republiek (kort SAR; Sango: Ködörösêse tî Bêafrîka; Frans: République centrafricaine, [ʁepyblik sɑ̃tʁafʁikɛn] of Centrafrique, [sɑ̃tʁafʁik]) is 'n landingeslote land in Sentraal-Afrika net noord van die ewenaar. Dit grens aan Tsjad in die noorde, Soedan en Suid-Soedan in die ooste, die Republiek die Kongo en die Demokratiese Republiek die Kongo in die suide, en Kameroen in die weste. Die Sentraal-Afrikaanse Republiek beslaan 'n oppervlakte van 622 984 km² en het 'n bevolking van 4 666 368 in 2018 gehad. Die hoofstad en grootste stad van dié land is Bangui en is in die suide langs die Ubangirivier net noord van die grens tot die Demokratiese Republiek die Kongo geleë.
duimnael|links|Nasa-Satellietbeeld van die Sentraal-Afrikaanse Republiek duimnael|links|Kaart van die Sentraal-Afrikaanse Republiek duimnael|links|Topografiese kaart van die Sentraal-Afrikaanse Republiek duimnael|links|Oes en verpakking van kassava in die Sentraal-Afrikaanse Republiek Die grootste deel van die SAR bestaan uit Soedano-Guinese savanne maar sluit ook 'n Sahelo-Soedannese gebied in die noorde en 'n reënwoudgebied in die suide in. Twee derdes van die land lê in die bekkens van die Ubangirivier, wat suid in die Kongorivier invloei, terwyl die oorblywende derde in die bekken van die Sharirivier, wat noord in die Tsjadmeer invloei, lê. Aangesien die grootste deel van die landgebied in die Ubangi- en Sharirivierbekkens geleë is, het die Franse die kolonie wat dit in die gebied uitgekerf het Ubangi-Shari, of Oubangui-Chari in Frans, genoem. Die Franse kolonie Ubangi-Shari word in 1958 'n semi-outonome gebied binne die Franse Unie en 'n onafhanklike nasie op 13 Augustus 1960. Jean-Bédel Bokassa het vanaf 1966 tot 1976 as die tweede president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek gedien, voordat hy homself in 1976 tot keiser van die Sentraal-Afrikaanse Keiserryk verklaar het. Dit het egter net vir drie jaar bestaan.
Vir drie dekades na onafhanklikheid is die SAR regeer deur presidente wat nie op werklik demokratiese wyse verkies is nie of wat die mag met geweld oorgeneem het. Die eerste regverdige demokratiese verkiesings word 1993 gehou en stel Ange-Félix Patassé tot bewind, maar president Patassé se regering word in 2003 deur generaal François Bozizé omvergewerp. Generaal Bozizé wen in Mei 2005 'n demokratiese verkiesing en word op 24 Maart 2013 deur die Séléka-koalisie omvergewerp. Sedert 2016 dien Faustin-Archange Touadéra as president van die Sentraal-Afrikaanse Republiek.
Verwysings
Bronne Algemeen
Eksterne skakels
Kategorie:Voormalige Franse kolonies