Die kuifkophoutkapper (Trachyphonus vaillantii) is 'n voël wat aan die familie van Afrika-houtkappers (Lybiidae) behoort. Hulle kom in oop savannes in Afrika suid van die Sahara voor. In Engels staan die spesie as die Crested barbet bekend.

Die spesie kan maklik aan hul dik snawel en kleurvolle vere uitgeken word. Hierdie klein voëltjie het 'n geel en rooi gesig met 'n klein swart kuifie. Die buik is geel met rooi spikkels, die vlerke is swart met wit spikkels en dit het 'n breë swart band om die nek.

duimnael|links|'n Kuifkophoutkapper

Subspesies Trachyphonus vaillantii suahelicus - kom voor in Angola, Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda tot Tanzanië, Zambië, Zimbabwe, Malawi en Mosambiek Trachyphonus vaillantii vaillantii - kom voor in Angola, Namibië, Botswana, Zimbabwe, Mosambiek en Suid-Afrika.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Afrika-houtkappers Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin