Die Fagotconcerto in B-mol-majeur, K. 191/186e, is 'n fagotconcerto wat in 1774 deur die 18-jarige Wolfgang Amadeus Mozart geskryf is. Dit is Mozart se eerste concerto vir 'n blaasinstrument. ISMN M-006-45809-7 Daar word bespiegel dat die werk in die opdrag van Thaddäus Freiherr von Dürnitz, 'n aristokratiese amateurfagblaser wat 74 van Mozart se werke besit het, gekomponeer is.Waterhouse, William: 'Bassoon', Grove Music Online ed. L. Macy (Accessed 6 August 2006), <http://www.grovemusic.com.turing.library.northwestern.edu> Geleerdes vermoed dat Mozart vyf fagotconcerto's gekomponeer het, waarvan slegs die eerste vandag oorleef.

Hierdie fagotconcerto is die werk vir fagot wat die meeste gespeel en bestudeer word in die instrument se hele repertorium.Eisen, Cliff: 'Concerto', Grove Music Online ed. L. Macy (Accessed 6 August 2006), <http://www.grovemusic.com.turing.library.northwestern.edu> Byna alle fagotblasers sal hierdie werk in hul loopbaan opvoer.

Instrumentasie Die Fagotconcerto in B-mol-majeur is geskryf vir solofagot en 'n orkes met twee hobo's, twee natuurhorings in B-mol (soms vir F getranskribeer), viool I/II, altviool, tjello, en kontrabas.

Verwysings

Eksterne skakels

Video , interpretasie deur die fagotblaser Aligi Voltan met die Orchestra del Teatro Olimpico di Vicenza onder dirigensie van Giovanni Battista Rigon op YouTube

Kategorie:Fagotconcerto's Kategorie:Concerto's van Wolfgang Amadeus Mozart Kategorie:Komposisies in B-mol-majeur Kategorie:Komposisies uit 1774