Samuel Daniell (*Chertsey, Engeland, 1775 – Ceylon, 16 Desember 1811) was 'n Engelse kunstenaar en reisiger in Suid-Afrika. Hy word sekretaris en tekenaar van 'n ekspedisie wat in 1801 uit Kaapstad vertrek om 'n gebied (tans Botswana) te verken. Daniell het juiste en treffende sketse gemaak en die plaaslike stamme uitgebeeld. In 1804 verskyn sy African Scenery, een van die waardevolste stukke Africana. Hy is in 1811 op Ceylon oorlede. Sy sketsboek oor Suider-Afrikaanse stamme verskyn in 1820 na sy dood.
Fotogalery
Bronne Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967 Thomas Sutton: The Daniells : Artists and Travellers. J. Lane: London 1954.
Eksterne skakels
Kategorie:Engelse kunstenaars