duimnael|Henry Hare Dugmore

Eerwaarde Henry Hare Dugmore (1810 - 1896) was 'n Suid-Afrikaanse sendeling en skrywer. Hy is in Engeland gebore en arriveer saam met sy ouers in Suid-Afrika as deel van die 1820-Setlaars. Hy word later 'n Metodistiese predikant en gedurende sy 45 jaar diens was op hy Salem, Grahamstad, King William's Town en Mount Coke. Daarna vestig hy hom op Queenstown. Hy kon Engels en Xhosa ewe goed praat. Hy het meer as 100 Gesange in Xhosa geskryf. Sy bekendste werk is Reminiscences of an Albany Settler. Hy is oorlede in 1896.

Bron Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse sendelinge Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:1820-Setlaars Kategorie:Geboortes in 1810 Kategorie:Sterftes in 1896