Maria Constanze Cäcilia Josepha Johanna Aloysia Mozart (née Weber) (5 Januarie 1762 – 6 Maart 1842) was 'n Oostenrykse sangeres en die vrou van Wolfgang Amadeus Mozart. Sy trou met Mozart in 1782 en sing waarskynlik 'n gedeeltelike opvoering van haar man se mis in C-mineur in 1783. Ná Mozart se dood ondersteun sy haarself en hul twee kinders deur sy werke te publiseer en te laat opvoer. Sy trou in 1809 met die Deense diplomaat Georg Nikolaus Nissen, wat in sy aftrede Mozart se biografie skryf.

Bronne Paul Griffiths. The Penguin Companion to Classical Music

Kategorie:Oostenrykse sangers Constanze Kategorie:Geboortes in 1762 Kategorie:Sterftes in 1842