Die Natuurhistoriese Museum van Denemarke is 'n natuurhistoriese museum geleë in Kopenhagen, Denemarke. Dit is geskep as 'n samesmelting van Kopenhagen se Dierkundige Museum, Geologiese Museum, Botaniese Museum, Sentrale Biblioteek en Botaniese Tuine op 1 Januarie 2004. Dit is geaffilieer met die Universiteit van Kopenhagen. Op 31 Mei 2012 is die wenner van 'n kompetisie vir 'n nuwe en gesentraliseerde museum op die terrein van die Botaniese Tuin bekend gemaak. Gedurende 2013-2017 sal die firma Lundgaard og Tranberg Arkitekter en die argitek Claus Pryds hul visie vir Denemarke se natuurhistoriese museum tot stand bring. New Natural History Museum. http://nyt.snm.ku.dk/english/
Eksterne Skakels
Verwysings
Kategorie:Denemarke Kategorie:Kopenhagen Kategorie:Museums