duimnael|regs|330px|Geologisk Museum
Die Geologiese Museum van die Kopenhagen is 'n geologie museum geleë op Øster Voldgade, in die noordoostelike hoek van die Botaniese Tuin van Kopenhagen, in Kopenhagen, Denemarke. Soos die botaniese tuin, is die museum deel van die wyer verskeidenheid van sentrums wat deel uitmaak van die Natuurhistoriese Museum van Denemarke. Die museum bied uitstallings aan, maar fasiliteer ook navorsing en studie as deel van die Universiteit van Kopenhagen. Sommige van die museumpersoneel neem aktief deel aan wêreldwye navorsing, byvoorbeeld in Groenland.
Van die versamelings wat deur die museum gehuisves word, dateer uit die 17de eeu. Die museum vorm sedert 1772 deel van die Universiteit van Kopenhagen. Die oorspronklike ligginig was in Nørregade, maar in 1893 het die museum geskuif na die huidige gebou, wat nuut was gebou om die museum te huisves. Van 1810 tot 1976 was die naam van die museum die Mineralogisk Museum.
Uitstallings Kristallografie Minerale Geologie van Denemarke Geologie van Groenland Kontinentale Drywing Die Sonnestelsel
Duimnael|regs|330px|Die Agpalilik meteoriet buite die museum Die Agpalilik meteoriet, 'n deel van die Cape York meteoriet wat sowat 20 ton weeg, kan in die museumhof gesien word. Ook op uitstalling is 'n klein rots uit die Taurus-Littrow-streek van die Maan, wat in 1972 deur die Apollo 17 ruimtereisigers teruggebring is.
Verwysings
Kategorie:Denemarke Kategorie:Geologie Kategorie:Kopenhagen Kategorie:Museums