Die Brisbane Botaniese Tuine (voorheen die Mount Coot-tha Botaniese Tuine) is 7 kilometer (4.3 myl) van die Brisbane Sentrale Sakegebied (SSG) in Toowong, Queensland, Australië, aan die voet van Brisbane se hoogste berg, Mount Coot-tha.
Geskiedenis Die tuine, wat oorspronklik die Mount Coot-tha Botanic Gardens genoem was en wat 52 hektaar dek, is in 1970 deur die stadsraad van Brisbane gestig. Dit is amptelik in 1976 geopen. Die tuine is die tweede botaniese tuin in Brisbane. Die oorspronklike tuine, nou bekend as die Stad Botaniese Tuine, is in die Brisbane SSG by Gardens Point geleë. Die nuwe tuine is deur die Stadsraad ontwikkel omdat die oorspronklike stadsplek nie uitgebrei kon word nie en kwesbaar was vir vloede.
Aantreklikhede Die botaniese tuin sluit die volgende aantreklikhede in: Tropiese Vertoonkoepel (geopen op 28 Desember 1977) - 28 m in deursnee en 9 m hoog Japannese Tuin Bonsai-Huis Varinghuis Droë Sone en Kaktus Huis Eksotiese Reënwoud Australiese Reënwoud Welriekende Plant en Kruietuin Gematigde Streek-Tuin Strandmeer en Bamboes-boord Australiese Plantgemeenskappe Nasionale Vryheidsmuur (Engles: National Freedom Wall)
Eksterne Skakels Brisbane Botanic Gardens Mount Coot-tha Sir Thomas Brisbane Planetarium - Sir Thomas Brisbane Planetarium
Verwysings
Kategorie:Botaniese tuine Kategorie:Plantkunde