Mount Coot-tha, wat 287 m bo seespieël is, het die hoogste piek in Brisbane, Queensland, Australië.

Mount Coot-tha vorm die oostelike gedeelte van die Taylor Bergreeks en is 'n prominente landmerk ongeveer 6 kilometer (3.7 myl) wes van die sentrale sakegebied van Brisbane. Dit is sigbaar vanaf 'n groot gedeelte van die stad, en is 'n gewilde bosland-toeristebestemming, en sluit die Botaniese Tuine van Brisbane, die Sir Thomas Brisbane Planetarium, 'n bergrit, fietsroetes, parke, watervalle en televisie- en radio-torings in.Visit Mt Coot-tha Brisbane Tourist Guide. Retrieved on 2013-11-07.

Mount Coot-tha is die bron van Ithacaspruit.

Verwysings

Eksterne skakels University of Queensland: Queensland Places: Mount Coot-tha Mount Coot-tha Mountain Bike Trails Info Mount Coot-tha Lookout Mt. Coot-tha (Government website)

Kategorie:Brisbane Kategorie:Berge van Australië