Die sebraslang (Naja nigricollis nigricincta) is 'n giftige slang, een van die spesies van spoegkobra in die genus Naja wat aan die Elapidae familie behoort. Die slang kom in die sentrale en noordelike dele van Namibië voor. In Engels staan die slang bekend as die Western Barred Spitting Cobra.

Hierdie spesie was lank beskou as 'n subspesie van die swartspoegkobra (Naja nigricollis woodi), maar morfologiese en genetiese verskille het gelei tot die erkenning daarvan as 'n afsonderlike spesie. So daar is twee subspesies, naamlik die sebraslang (N. nigricollis nigricincta) en die swartspoegkobra (N. nigricollis woodi) wat hoofsaaklik in die noordweste van die Noord-Kaap in Suid-Afrika voorkom.

Subspesies Twee subspesies word tans erken onder Naja nigricincta. Die subspesies benoem N. n. nigricincta, algemeen bekend as die sebraslang of western barred spitting cobra, word sy naam gegee as gevolg van die donker dwarsbalkies wat die lengte van die slang se lyf hardloop. Die subspesies N. n. woodi, algemeen bekend as die swartspoegkobra, is soliede swart en word slegs in die woestynstreke van Suider-Afrika aangetref. Beide subspesies is kleiner as N. nigricollis; met gemiddelde volwasse lengtes van minder as 1,5 m {4,9 vt).

SubspesiesTakson-outeurNaamVerspreidingsareaStreeksverskilleN. n. nigricinctaBogert 1940Sebraslang, Western barred spitting cobra sentrale en noordelike dele van Namibië en suid AngolaGrys bruin, geel of pienk met donker bande van kop tot stertN. n. woodiPringle 1955SwartspoegkobraSuid Namibië, Botswana, Lesotho en Suid-Afrika).Swart as volwassenes. Babas is grys met 'n soliede swart kop. Onderskei anders as Naja nigricollis (S.Angeli 2017)

Identifikasie duimnael|240px|links|Naja nigricincta met sebra-strepe Die sebraslang het talryke onreëlmatige swart kruisstroke oor die liggaam en die Afrikaanse naam sebraslang is dus hoogs gepas. Soos alle ander Naja-spesies, kan hierdie slang sy kop en nek in 'n kap afvlak. Die kop en kap is eenvormig donkerbruin of swart.

Gif Die gif is potensieel sitotoksies en 'n byt deur hierdie of verwante spesies veroorsaak ernstige weefselskade. Die gif van Naja nigricincta kan massiewe bloeding, nekrose en verlamming in slagoffers veroorsaak. Hierdie slange kan ook hul gif spoeg met groot akkuraatheid wat tydelike of permanente blindheid veroorsaak.Jake Boy The Harvard University Herpetology Course - OEB 167 - Encyclopedia of life

Verspreiding Hierdie spesie is inheems aan dele van Suidelike-Afrika (suid Angola, Namibië, Botswana, Lesotho en Suid-Afrika).

Sien ook Alfabetiese lys van slange

Bron Patterson, R.W.: Struik-Sakboekgids vir Suider-Afrika Slange. C. Struik Uitgewers. 1987.

Verwysings

Kategorie:Slange