Paul Heinrich Gerhard Möhring, ook bekend as Paul Mohr, (21 Julie 1710, Jever - 28 Oktober 1792) was 'n Duitse dokter, plantkundige en dierkundige.

Hy het mediese wetenskappe gestudeer in Danzig en Wittenberg, en na graduering in 1733 het hy hom as algemene praktisyn in sy tuisdorp Jever gevestig. Möhring was 'n dokter vir die Prins van Anhalt. In 1752 publiseer hy Avium Genera, 'n vroeë poging om voëlspesies te klassifiseer, wat voëls in vier klasse verdeel en die begin van die moderne groeperings toon.

Gedurende sy lang loopbaan het hy korrespondensie behou met Albrecht von Haller, Lorenz Heister, Carl Linnaeus, Hans Sloane en Paul Gottlieb Werlhof. Die plant genus Moehringia (familie Caryophyllaceae) is deur Carl Linnaeus tot sy eer na hom vernoem. ADB:Möhring, Paul Heinrich Gerhard @ Allgemeine Deutsche Biographie

Die standaard outeursafkorting Möhring word gebruik om hierdie persoon as die skrywer aan te dui wanneer 'n botaniese naam aangehaal word.

Belangrikste werke "De inflammationis sanguineae theoria mechanica", 1733. "Historiae medicinales", 1739. "Avium genera", 1752. Geslachten der Vogelen 1758.WorldCat Identities Publications by Möhring.

Sien ook Dierkunde Lys van botaniste volgens outeursafkorting

Eksterne Skakels IPNI List of plants described by Paul Möhring.

Verwysings

Kategorie:Botanici Kategorie:Dierkundiges Kategorie:Geboortes in 1710 Kategorie:Duitse geneeskundiges Kategorie:Sterftes in 1792