Die St. Gotthardpas (Duits: Gotthardpass, Frans: Col du Saint-Gothard, Italiaans: Passo del San Gottardo) is 'n bergpas wat Noord- en Suid-Switserland met mekaar verbind. Dit gaan oor die Sint-Gotthard-massief in die Alpe en is 2 106 m (6 909 voet) hoog. Dit verbind die dorp Airolo in die Italiaanssprekende kanton van Ticino met Andermatt in die Duitssprekende kanton Uri. Daar gaan drie tonnels onder die pas deur: die Gotthard-spoorwegtonnel (1882), die Gotthard-padtonnel (1980) en die Gotthard-basistonnel (2016).

Sien ook Lys van bergpasse oor die Alpe Lys van Switserse bergpasse

Kategorie:Bergpasse van Switserland Kategorie:Alpe