Dr. Anders Birger Bohlin (26 Maart 1898 – 28 November 1990) was 'n Sweedse paleontoloog. Bo en behalwe sy werk op dinosourusse en prehistoriese soogdiere, was hy deel van die groep wat die bestaan van die Pekingmens (Sinanthropus pekinensis) bevestig het. In die 1950's is die wetenskaplike benaming van die Pekingmens verander nadat daar algemeen ooreengekom is dat hierdie hominide 'n Homo erectus was.
Sien ook Geologie Paleontologie Antropologie Evolusie
Eksterne skakels https://runeberg.org/vemardet/1969/0137.html
Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1990 Kategorie:Paleontologie