Faraway George (gebore Heinrich George Günter op 24 April 1990 in Pietersburg, Limpopo) is 'n Suid-Afrikaanse musikant, liedjieskrywer en vervaanrdiger. Alhoewel hy sy eie loopbaan het as musikant Faraway George, is hy soms meer bekend vir sy werk as liedjieskrywer vir ander bekende kunstenaars soos Jo Black. Hy was 'n deelnemer aan die sangkompetisie Die Kontrak onder die leiding van Elvis Blue. Hy is ook die medeskrywer van Len Muller se liedjie "Sing vir sente" op sy album Oog van die storm.
Biografie Hy is in Pietersburg, Limpopo, gebore en het aan die Hoërskool Pietersburg skoolgegaan. Hy speel reeds van die ouderdom van 14 kitaar.
Hy was as 'n argitekstudent (BArch) ingeskryf by die Tshwane-Universiteit vir Tegnologie in 2009.
Diskografie
Ateljee-albums 2020: Burnt & Found
EP's 2016: Vir 'n vreemdeling EP
Enkelspelers 2022: Daisy 2016: Nooit te laat 2016: Who Are You
Verwysings
Eksterne skakels
Faraway George op Apple Music
Kategorie:Afrikaanse sangers Kategorie:Geboortes in 1990 Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Alumni van Hoërskool Pietersburg