Erich Alfred Hartmann (19 April 1922 – 20 September 1993), met die bynaam Bubi (Die kind) deur sy Duitse kollegas en ook deur die Russe Die Swart Duiwel genoem is, was 'n Duitse bobaasvlieënier van die Tweede Wêreldoorlog. Hy was ook die suksesvolste vlieënier ooit in die geskiedenis van luggevegte. Hy het 1 404 missies gevlieg en was betrokke in 825 kontaksituasies. Hy het 352 Geallieerde vliegtuie (345 Russies en 7 Amerikaans) afgeskiet tydens die oorlog. Hy was geforseer om 14 noodlandings te maak wat veroorsaak was deur onderdele wat van die vliegtuie kom wat hy afgeskiet het of as gevolg van meganiese probleme. Hy was nooit raakgeskiet of geforseer om te land as gevolg van vyandelike vuur nie.

Kategorie:Duitsers in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Duitse vlieëniers Kategorie:Geboortes in 1922 Kategorie:Sterftes in 1993