Die Albatros D.V was 'n Duitse dubbeldekker vegvliegtuig wat in die tweede helfte van die Eerste Wêreldoorlog in diens gestel was. Die D.V was die einde van 'n reeks vliegtuie wat begin het met die Albatros D.I. Die D.V se romp was uiters vaartbelyn en het bestaan uit laaghout. Dit was in groot getalle gebou en meer as 1 500 het aan die wesfront diens gedoen. Die swakheid van die vliegtuig was strukturele swakhede in die onderste vlerk; dit het soms opgebreek gedurende die vlug.

Tegniese besonderhede

+ Besonderhede van die Albatros D.V: Item Statistiek Aantal motore 1 Tipe motor Skroef Vervaardiger Mercedes DIIa ses-silinder inlyn enjin Kraglewering per motor 180 perdekrag Vlerkspan 9,05 m Lengte 7.33 m Hoogte 2,7 m Vlerkoppervlakte 21,28 m2 Maks. opstygmassa 937 kg Maksimum snelheid 187 km/h Operasionele hoogte 5 700 m Togafstand 2.0 ure Klimvermoë 1 000 m in 4 minute Bewapening Twee 7,92 mm Spandau masjiengewere

Sien ook Lys van vegvliegtuie

Bron Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015.

Kategorie:Vegvliegtuie Kategorie:Vliegtuie van die Eerste Wêreldoorlog