Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tsjetsjnies.
duimnael|links|Verspreiding van Tsjetsjniërs in die Kaukasus-streek in rooi Die Tsjetsjniërs (Tsjetsjnies: Нохчий Noxçiy; Oud-Tsjetsjnies: Нахчой Naxçoy) is 'n etniese groep van die Nach-volke inheems aan die noordelike Kaukasus-streek in die Europese deel van Rusland. Hulle praat Tsjetsjnies, 'n Noordoos-Kaukasiese taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Tsjetsjniërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur klein minderhede van Oosters-Ortodokse Christene en Ateïste.
Tsjetsjniërs vorm die sesde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Tsjetsjniërs leef in die outonome republiek Tsjetsjnië (Rusland), gevolg deur Turkye.
Tsjetsjniërs is nou verwant aan die Ingoesjetiërs in die aangrensende Ingoesjetië en albei behoort tot die Nach-volke.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Rusland