duimnael|'n Tierwyfie met haar kleintjies.

Die lewensiklus van die tier (Panthera tigris) behels die kringloop van die spesie se voortplanting, grootmaak en vrekte.

Die tier se voortplanting volg gewoonlik op die aanpassing by die omgewing waarin hy hom bevind: baie welpies word gebore, maar min van hulle bereik volle wasdom. Die tiere word blind gebore en is daarom kwesbaar; gevolglik is hulle heeltemal afhanklik van hul ma. Dit duur omtrent 'n anderhalf jaar vir die tierwyfie om haar kleintjies te leer jag – hulle volg die ma se voetspore.

In 'n poging om met 'n wyfie te paar, volg die mannetjie die kenmerkende patroon van katagtiges: wanneer die tierwyfie die mannetjie aanvaar het, kopuleer die mannetjie en word die posisie behou deur die wyfie se nekvel vas te gryp. Sodra die paring voltooi is, probeer die wyfie die mannetjie wegklap. Die paring geskied vinnig en word meermale per dag herhaal – oor 'n tydperk van hoogstens tien dae. Die dragtigheid duur gemiddeld 103 dae.

In die natuur is die lewensverwagting van die tier vyftien jaar en ses-en-twintig jaar in gevangenskap. Daar word gemiddeld twee nakomelinge per wildlewende dierepaar grootgemaak. In dieretuine word die siklus met behulp van die mens verander deur keisersnees, kunsmatige bevrugting en kruising met ander spesies.

Werping en aangeleerde gedrag Die eerste dae Die tierwelpies bly vir die eerste ses tot veertien dae blind, omdat 'n vlies hul oë bedek. Wanneer die oë "oopgaan" is hulle blou. Soos die tiertjies ouer word, sal die kleur verander na donkergoud. Die tiertjies word ook sonder hare gebore en is nog nie in staat om te loop nie. Pascal Picq et François Savigny, Les tigres, Évreux, Odile Jacob, octobre 2004, 192 bl. (), bl. 89. By geboorte wissel hul massa van 750 tot 1 600 g, na gelang van hul subspesie: 'n pasgebore tier is 200 maal ligter as 'n uitgegroeide tier. Pascal Picq et François Savigny, op. cit., bl. 135

Sodra die eerste kreet omtrent drie tot dertig minute na die geboorte gegee word, byt die tierwyfie die naelstring af en maak die kleintjies skoon. Die blinde pasgeborenes sal dan instinktief na die liggaamshitte en gevolglik die tepels van die wyfie begin soek deur rond te tas. Die gesoog begin tydens die eerste vier ure, en die eerste drie dae word hieraan bestee. Aanvanklik duur die drinkery tot 70% van die aantal ure per dag, maar dit verminder met verloop van tyd: dit daal na 60% na tien dae, 30% na veertig dae en slegs 10% na 90 dae, wanneer die tiertjies amper reg is om gespeen te word. Maxine Annabell, « Raising cubs, Part 3,4&5: Learning To Hunt », op Tiger Territory (geraadpleeg 3 April 2009) Die tierwyfie verloor gou belangstelling in die welpies wat nog steeds nie roer nie – hulle word doodgebore beskou. Dus sal sy ook nie haar welpies dwing om te drink nie. Kailash Sankhala, op. cit., « Les relations familiales : La brave mère », bl. 42 Die tiermelk is baie ryk aan vet (lipiede) en eiwitte (proteïene) wat sorg vir snelle groei: die tierwelpie se massa vermenigvuldig eenhonderd maal oor die eerste twintig maande, waarna die voortgesette groei verlangsaam tot op twee jaar.

duimnael|550px|senter|Die groei van 'n Bengaalse tiermannetjie. Kailash Sankhala, op. cit., bl. 72

Die tierwyfie sal nie huiwer om haar welpies na ander lêplekke te dra om hulle teen roofdiere te beskerm nie. Tiertjies begin al op die ouderdom van een maand te speel. Peter Jackson et Adrienne Farrel Jackson (trad. Danièle Devitre, préf. Dr Claude Martin, ill. Robert Dallet et Johan de Crem), Les Félins : Toutes les espèces du monde, Turin, Delachaux et Niestlé, coll. « La bibliothèque du naturaliste », 15 octobre 1996, bl. 272, relié ( en ), bl. 103 Elke werpsel het gewoonlik 'n dominante kleintjie wat gewoonlik 'n mannetjie is, maar dit is nie altyd so nie. Valmik Thapar, The Tiger’s Destiny, London, Kyle Cathie Ltd, 1992 Die wyfie tref veiligheidsmaatreëls deur die prooi na die lêplek te bring. Terwyl die welpies vreet, kan sy terselfdertyd 'n wakende ogie oor hulle hou. Die lêplek self moet egter skoon gehou word: daar word buite geëet, ontlas en urineer. Die kleintjies word ook gereeld skoongelek; dit verbeter bowendien nog hul bloedsomloop en die werking van die ingewande.

Aangeleerde gedrag duimnael|links|Oefening baar kuns: speletjies toets die refleksbewegings wat tydens die jag benut sal word. duimnael|Tiertjies mag die vleis slegs na veertig dae proe. Slegs die wyfie leer die welpies; die mannetjie sal byna nooit inmeng nie, maar sal wel soms sy prooi met die wyfie en sy nageslag kom deel. Voordat veertig dae nie verby is nie, sal die wyfie nie die kleintjies vleis laat vreet nie. Daarna kan hulle die vleis begin lek en knaag totdat hulle gespeen is op agt maande. Op drie maande laat die wyfie hulle alleen in die lêplek agter terwyl sy gaan jag en bring die prooikarkas terug. In teenstelling met die leeutjies, eet tiertjies eerste. Sodra die wyfie sien haar kleintjies is dikgevreet, eers dan val sy self weg. Navorsing bewys ook die wyfie sal haar eie honger opsy skuif sodat die kleintjies eerste kan vreet. Die tierwyfie is geweldig beskermend en sal enige gevaar probeer vermy of doodmaak (hetsy tiermannetjies (selfs hul eie pa), mense, ens.).

Die wyfie leer die kleintjies jag tot op ongeveer 18 tot 28 maande. Rémy Marion (dir.), Cécile Callou, Julie Delfour, Andy Jennings, Catherine Marion et Géraldine Véron, Larousse des félins, Paris, Larousse, septembre 2005, 224 bl. ( et , OCLC 179897108), bl. 68 Hulle leer jag deur te kyk wat hul ma doen. Die welpies put genot daaruit om gevaarlike diere soos die buffel op te spoor, plat te trek en om te bring. Tussen ses en agt maande verken hulle die omgewing en maak jag op klein prooidiere: meestal voëls, maar durf as trop soms ook klein wildsbokkies aan. Op daardie ouderdom dwaal hulle nie verder as eenhonderd meter van hul ma af nie. Party katsoorte soos die jagluiperdwyfie vang die prooi lewendig sodat haar kleintjies praktiese jagondervinding kan opdoen wat ware grootte betref. Hierdie gedrag kom veel minder by die tier voor. Pascal Picq et François Savigny, op. cit., bl. 99 Op een jaar kan die welpies selfstandig jag.

Die tiertjies kry hul vaste of permanente gebit op 12 tot 18 maande, wat van hulle voortreflike jagters maak. K. Ullas Karanth, « Tiger ecology and conservation in the Indian continent », Journal of the Bombay natural history society, vol. 100, no 2 and 3,‎ August-December 2003, bl. 173 Rondom 18 tot 21 maande begin hulle al hoe meer oor die prooi te baklei. Gewoonlik verlaat die jong tiermannetjies die trop eerste. Die tiergesinnetjie spat uiteindelik uitmekaar wanneer die tierwyfie weer bronstig raak en sy die trop verlaat.Kailash Sankhala, op. cit., bl. 45

Voortplanting Voortplantingswyse duimnael|Ouerplig is onder die tiere beperk: slegs die wyfie leer die welpies. Die voortplantingswyse is die r-tipe, dit wil sê, "reaktief", as antwoord op omgewingsfaktore. Hierdie voortplantingswyse word afgelei van die aantal jong, dikwels onvolwasse welpies wat gebore word. Die betrokkenheid van albei ouers is gering, maar die welpies word ook vinnig groot en geslagsryp. Die bevolkingsgrootte hang ten nouste saam met die omgewing, die hoeveelheid kos wat beskikbaar is... dus, baie soortgelyk aan die patroon by knaagdiere of klein soogdiersoorte. Pascal Picq et François Savigny, op. cit., bl. 85-86

Die tier is egter nie heeltemal die r-tipe nie: hy is ten eerste 'n groot dier wat eers binne twee jaar volgroeid is. Ten tweede is die wyfie aansienlik gemoeid met die aanleer van jagmetodes sodat die kleintjies eendag selfstandig kan oorleef.

Op hierdie wyse kan die tierbevolking selfs na groot aantal vrektes weer vinnig herstel. 'n Tekenende bewyse hiervan is die jare toe tierjag weer toegestaan is, wat steeds so opgeteken staan. So word in 1933 sewe-en-twintig tiere in die provinsie Chitawan van kant gemaak, maar in 1936 word nege-en-vyftig ander in dieselfde gebied gedood. Die bevolking kon dus na hierdie slagtings vinnig weer inhaal. 'n Enkele langtermynondersoek rakende die groei van die tierbevolking bestaan wel. 'n Ondersoek is sedert 1963 in 'n voorheen tiervrye gebied in Rusland onderneem. Die eerste tier het in 1966 aangekom en die bevolking het binne slegs agt-en-twintig jaar tot twintig individue vermeerder. Dit dui op 'n gemiddelde jaarlikse aanwas van 6%. John Seidensticker, Peter Jackson and Sarah Christie, Riding the tiger: tiger conservation in human-dominated landscapes, New York, Cambridge University Press, 1999, 1st edition., 383 p., (, LCCN 98024734), « Reproductive capabilities », bl. 7-11

Paringsgedrag duimnael|Deur te fleem (dit wil sê, wanneer die bolip omkrul, die botande ontbloot, die reuk deur die neusgate ingetrek en 'n tyd lank so gehou word) word die reukspoor deur die orgaan van Jacobson, geleë in die ploegskaarbeen in die neus, verwerk. Die tier kan dan ruik wat die ander tier se ouderdom, geslag en geslagsrypheid is op wie se spoor hy is. duimnael|links|Twee tiere tydens paring. In die natuur raak die tiere in die ouderdom van drie tot ses jaar geslagsryp by die mannetjies en ongeveer drie jaar by die wyfies. Jackson, op. cit., bl. 105 Die eerste voortplanting vind by die wyfies op gemiddeld drie- tot vierjarige leeftyd plaas en by die mannetjies op vier tot agt jaar.

Die paartyd kan dwarsdeur die jaar plaasvind, maar dit bereik 'n hoogtepunt wat wissel van streek tot streek: einde November tot begin April in Indië, Desember tot Februarie in Mantsjoerye en tussen Februarie en April in Nepal. Navorsing toon die saadproduksie en -gehalte is nie seisoensgebonde nie. A.P. Byers, A.G. Hunter, U.S. Seal, E.F. Graham et R.L. Tilson, « Effect of season on seminal traits and serum hormone concentrations in captive male Siberian tigers (Panthera tigris) » , Journal of Reproduction and Fertility, no 90,‎ 1990, bl. 119-125 Die estrum duur gemiddeld nege dae lank. Die siklus word elke 15 tot 20 dae in die wildernis teenoor 40 dae in gevangenskap hervat. Sou 'n werpsel verlore gaan, kom die volgende estrus gemiddeld twee weke vroeër by dié in gevangenskap voor.

Hoewel valse estrusse glo by die Ranthambore Nasionale Park1 gerapporteer is, is hierdie gedrag by die tier nie bevestig nie.

Wanneer die wyfie bronstig is maak sy haar aanwesigheid bekend deur te steun en te brul. Sy sal ook 'n reukspoor agterlaat. Die geroep kan nogal gereeld voorkom: tot so 69 brulle al om die kwartier. Maxine Annabell, «Mating, Part 1 : In the wild », op Tiger territory (geraadpleeg 1 April 2009)

Sodra die wyfie 'n onbekende mannetjie teëkom, hou sy haar eers op 'n behoorlike afstand, grom vir hom en staan gereed om tot die aanval oor te gaan. Van liewerlee kom die paartjie dan nader na mekaar toe, totdat hul snorbaarde aan mekaar raak. Wanneer hulle mekaar die hof maak, kom die kontak dikwels voor: die tiere knibbel aan hul bekke ("soen") en aai teen mekaar. Wanneer die wyfie gereed is, neem sy die kenmerkende houding van die katte in deur te gaan lê (wat bekend staan as "lordose" ["vooroor gekrom"; "na agter gebuig" m.b.t. die werwelkolom], met die voorpote wat voor haar uitgestrek lê en die agterbene wat halfpad hurk). Die mannetjie klim dan op haar met 'n halfgehurkte houding, sonder om sy maatjie plat te druk. Die mannetjie gaan dan by die wyfie in, laat 'n metaalklinkende kreet Kailash Sankhala, op. cit., bl. 38 en gryp dan tydens die saadstorting die plooie van die nekvel vas. Moontlik is hierdie nekvelgreep bedoel om die paar in die regte posisie te dwing tydens ejakulasie; maar dit is gevaarlik en kan by onervare paartjies tot die wyfie se dood lei. Maxine Annabell, « Mating, Parts 3&4 : Copulation », op Tiger territory (geraadpleeg 1 April 2009) Uiteindelik glip die wyfie onder die mannetjie uit, draai dan dikwels teen die mannetjie en probeer hom klap, voordat daar 'n rusperiode intree.Kailash Sankhala, op. cit., bl. 36