Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tsjoewasjies.

Die Tsjoewasjiërs (Tsjoewasjies: чӑваш, [t͡ɕəˈʋaʂ]; Russies: чуваши, [t͡ɕʊˈvaʂɨ]) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan die outonome republiek Tsjoewasjië in Rusland. Hulle praat Tsjoewasjies, 'n Turkiese taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. In teenstelling met die ander Turkiese volke in Rusland wat hoofsaaklik Islamities is, is die meeste Tsjoewasjiërs aanhangers van die Oosters-Ortodokse Kerk.

duimnael|links|Verspreiding van die Tsjoewasjiërs in Rusland volgens die 2010-sensus Tsjoewasjiërs vorm die vyfde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1,1% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Tsjoewasjiërs leef in die outonome republiek Tsjoewasjië (Rusland), gevolg deur ander voormalige lande van die Sowjetunie.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Turkiese volke