Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Basjkiers.
Die Basjkiriërs (Basjkiers: Башҡорттар, Başqorttar, [bɑʂqʊrtˈtɑr]; Russies: Башкиры, Baškiry, [bɐʂˈkʲirɨ]) is 'n Turkiese etniese groep inheems aan die outonome republiek Basjkortostan in Rusland, weerskante van die Oeralgebergte. Hulle praat Basjkiers, 'n Turkiese taal, as moedertaal en Russies as tweede taal. Die Basjkiriërs is hoofsaaklik aanhangers van die Soennitiese Islam, gevolg deur 'n klein minderheid Oosters-Ortodokse Christene.
duimnael|links|Basjkiriërs in tradisionele klere, 1872 Basjkiriërs vorm die vierde grootste etniese groep in Rusland en maak sowat 1,2% van dié land se bevolking volgens die sensus van 2010 uit. Die meeste Basjkiriërs leef in die outonome republiek Basjkortostan (Rusland), gevolg deur Kasakstan.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Kasakstan Kategorie:Etniese groepe in Rusland Kategorie:Turkiese volke