Die Hoërskool Bellville is geleë in Bellville, een van die Kaapstadmetropool se noordelike voorstede en is op 25 Januarie 1937 gestig. Die skool is tans onder die leiding van mnr. Deon du Plessis, en is veral bekend vir sy wêreldklas-orkes en gemengde koor.
Dit is ook een van die vier MTBS-skole en ding mee teen onder meer die Hoërskool D.F. Malan, nog ‘n skool in die noordelike voorstede, waar die Hoërskool Bellville die dominante krag in rugby, landloop en netbal is, en die algehele voorloper in die jaarlikse interskolekompetisie.
Kultuur Die skool se koerant is Sapiens en sy podsending is Paratus.
Noemenswaardige alumni Dawie de Villiers, Springbokskrumskakel en -kaptein, Minister van Handel en Nywerheid. († 2022) Gene Louw, politikus en kabinetsminister. († 2015) Francois van Coke, voorsanger in die orkesgroepe Fokofpolisiekar en die Van Coke Kartel, asook solokunstenaar.
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webtuiste
Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Bellville